Quantcast
Channel: Afrikaans.com
Viewing all 1123 articles
Browse latest View live

Potgooi: In gesprek met Arno Greeff

$
0
0

In hierdie podsendingreeks gesels Afrikaans.com met merkwaardige persone binne die Afrikaanse leefwêreld. Ons bied jou ’n blik op jou gunstelingbekendes op maniere soos jy hulle nog nooit vantevore kon leer ken nie, en stel jou ook bekend aan nuwe name, projekte en idees.

In hierdie episode gesels aanbieder Edwin van der Walt met die akteur Arno Greeff (Blood & Water, Vaselinetjie, Binnelanders).

Hulle gesels oor:

  • Weerloosheid en selfkennis.
  • Die Netflix-reeks Blood and Water.
  • Risiko’s neem.
  • Die impak van ’n mens se grootwordjare.
  • Covid-19 en hoe hy positief bly.
Edwin van der Walt

Edwin van der Walt is ‘n akteur, aanbieder en entrepreneur. Sedert hy vir die eerste keer gehore se harte in 2014 in die romantiese komedie, Hollywood in my Huis, gesteel het, het ‘n rits lokettreffers gevolg. In films soos Jagveld, Wonderlus, Ballade vir ‘n Enkeling en Die Pro het hy sy diversiteit as kunstenaar ten toon gestel en die respek van die industrie sowel as aanhangers gewen. Dit is egter die man agter die karakters, Edwin self, wat deesdae groot golwe maak. Onder sy vriende, en nog meer onder die publiek, word hy geken as ‘n persoon wat verbetering van self en van ander voorop stel. Edwin leef sy passie hiervoor ook uit op die platform Novieguide , waar ‘n verskeidenheid aanlyn kursusse gekoop kan word.

Arno Greeff

Arno Greeff is ‘n akteur. Hy is tans te sien in die Netflix-reeks Blood & Water. Hy is ook bekend vir sy rolle in Vaselinetjie, Die Pro, en Binnelanders. Hy het ook vantevore agter die kameras gewerk (as enkel kameraman en redigeerder!) op KYKnet se Leef Jou Reis.

The post Potgooi: In gesprek met Arno Greeff appeared first on Afrikaans.com.


Hoe kweek jy ’n superleser?

$
0
0

Volgens die PIRLS-studie (Progress in International Reading Literacy Study) van 2016 wat in 2019 herhaal is, vaar Suid-Afrika se graad 4-leerders die swakste as dit kom by leesspoed, leesbegrip  en woordeskat.

Hoe kan jy as ouer of onderwyser ‘n verskil maak in jou kind/die leerders in jou klas se ontwikkeling? Die spraakterapeut en skrywer, Christien Neser, gesels oor moedertaalonderrig en verduidelik hoe jy lees as ’n geheime wapen kan gebruik.

The post Hoe kweek jy ’n superleser? appeared first on Afrikaans.com.

Jou tiener en sosiale media – gebruik of misbruik?

$
0
0

Skrywer: Annelie van Jaarsveldt

Die debat het reeds jare gelede begin – toe televisie pas in ons voorkamers geland het en Riaan Cruywagen deur ‘n ou tante wat ek geken het, beskryf is as “darem so mooie man”. (En ja, sy het spesiaal hare gekam vir die okkasie.) In elk geval, daar is desjare reeds gevra: Moet ek my jong kind toelaat om televisie te kyk? En hoe lank is lank genoeg. Party ouers is skerp gekritiseer omdat hulle die televisie as kinderoppasser ingespan het (vandag steeds) – sodat hulle nog ‘n rukkie kan slaap of darem net die kos op die tafel kan kry.

Dit is egter kinderspeletjies teen vandag se situasie.  Deesdae beteken skermtyd soveel meer, want … televisie is maar een van die mediums.  Ons kinders het vandag toegang tot ‘n magdom van toestelle, toeps, aanlyn alles en nog wat.  Buitendien is hulle so bedrewe met die jongste tegnologie, dat ouers hulle koppe bymekaar moet hou om net by te hou.

Covid-19-inperking: ‘n Noemenswaardige toename?

Tydens die inperking, was ons kinders genoodsaak om baie meer gebruik te maak van die internet en sosiale media weens aanlyn onderrig, kommunikasie met onderwysers en natuurlik ook maats. Wat was die impak op veral ons tieners, of is hulle in elk geval gedurig besig met hulle fone en tablette? Marie Brits, ‘n leraar en self ‘n ouer, sê die volgende: “Die gebruik hiervan (toestelle) het vir seker verhoog tydens die inperkingstyd. Kinders het minder buitemuurse bydrywighede en sosiale geleenthede gehad en baie van daardie tyd is opgeneem deur sosiale media. Ouers het ter wille van hulle kinders se moraal al meer toegelaat as gewoonlik. Kinders se programme en ritmes het ook verander en selfs sosialisering het virtueel plaasgevind. En voor ons ons oë kon uitvee, het ‘verslawing’ plaasgevind.” Hierdie ‘verslawing’ is deel van ons gewoontes wat ons vorm. Marie sê ons word as’t ware ons gewoontes. “Ons kinders se gewoontes is diep beïnvloed in grendeltyd en het hulle vir seker gevorm in die tyd.”

Wat sê die navorsing?

“Te veel skermtyd is waarskynlik die grootste probleem vir die meeste ouers – kinders het meer passief geword. Dit raak ‘n verslawing en soos met verslawing kan kinders later nie meer sonder hulle selfone klaarkom nie. Selfs al is daar niks spesifieks wat hulle hoef te doen nie, is hulle daarmee.”
– Marie Brits

Navorsing dui daarop dat akademiese prestasie negatief deur te veel skermtyd geraak kan word. Na aanleiding van navorsing wat in 2013 in Amerika gedoen is, is aanbeveel dat kinders jonger as twee jaar nie aan digitale inhoud blootgestel moet word nie en kinders ouer as twee jaar ‘n maksimum van twee ure per dag skermtyd toegelaat kan word. Dit is nie soseer die opvoedkundige tyd wat voor die skerm deurgebring word nie, maar die nie-opvoedkundige tyd, soos televisie, internet,   rekenaarspeletjies en sosiale media. Ander navorsing het bevind dat kinders jonger as twee negatief geraak word t.o.v. taalontwikkeling, leesvermoë en korttermyngeheue. Boonop kan dit bydra tot probleme met slaap en aandag.

Navorsers van die Cincinnati Kinderhospitaal het die breinontwikkeling van kinders wat etlike ure per dag voor skerms deurbring vergelyk met kinders wat die meeste van hulle tyd aan lees, speel en sosialisering bestee. Die kinders wat te veel skermtyd gehad het se breine het swak konnektiwiteit in die areas wat taalontwikkeling en kognitiewe beheer kontroleer, getoon.

‘n Ander studie het bevind dat oormatige skermtyd ‘n wanbalans in die breinchemie kan veroorsaak wat lomerigheid, depressie en angs tot gevolg kan hê. Nog ‘n navorser het ‘n sterk korrelasie gevind tussen die skermtyd van adolessente en depressie, wat tot selfdoodgedagtes kan lei.

So terloops

Hoewel ons in die artikel fokus op die ouer kind, moet ons wys op die uitwerking van te veel skermtyd op ons peuters en kleuters sodat ons dit op jong ouderdom reg kan bestuur. Jy het waarskynlik al opgelet hoe jou peuter oënskynlik in sy eie wêreld verdwyn wanneer hy/sy televisie kyk en nie reageer op jou vrae nie. Dit is maar een van die kwessies. Dink ook aan die volgende scenario’s:

  • Omdat jy minder met jou kind praat, word taalontwikkeling gestuit. “’n Ouer wat gewoonlik ongeveer 940 woorde per uur met sy peuter sou praat, praat nou terwyl die kind televisie kyk slegs 770 woorde in dieselfde uur.”
  • Dit kan moontlik lei tot aandagprobleme teen die tyd dat hulle sewe jaar oud is. “Dis ‘n visuele medium en vereis dikwels min verstandelike verwerking.”
  • Daar is ‘n moontlikheid van sensoriese oorlading, wat kan lei tot impulsiewe en buierige gedrag.
  • Moenie verbeelding en kreatiwiteit verwar nie. Die karakters stimuleer dalk die kind se verbeelding, maar dit word “op ‘n skinkbord aangebied en dus hoef die kind nie enigiets self te skep nie”.

Daarom: Praat met jou kind en lees vir jou kind. Dit dra by tot taalontwikkeling, maar bou ook jou verhouding met jou kind omdat dit die kind se selfbeeld bevorder en hom/haar belangrik en gewaardeerd laat voel.

Maar daar is darem ook positiewe gevolge:

Daar is goeie leersame programme, maar kleuters baat meer hierby. Kies daarom opvoedkundige programme en skakel die skerm af wanneer die program verby is. Nog ’n positief is dat peuters en kleuters wat na opvoedkundige programme kyk beter presteer op toetse wat skoolverwante  evalueer. Dit dra ook by tot hulle vaardighede.

Tegnologie is deel van ons kinders se verwysingsraamwerk

Die gebruik van selfone en ander toestelle en natuurlik die gepaardgaande tegnologie is deel van ons kinders se verwysingsraamwerk. Dit is ook so dat dit nie noodwendig negatief is nie. Tog is daar gevare aan verbonde – soos kuberboeliery, webtuistes wat nie geskik en ouderdomstoepaslik is nie en natuurlik heeltemal te veel skermtyd wat weer tot ander probleme lei. Maar … waarna behoort ouers op te let, en wat is die gevaartekens wat dui op misbruik van sosiale media / internet – en hoe beïnvloed dit ons kinders se gedrag? Marie Brits reken dat dit die kern van die probleem is wat betref die slaggate en gevare daaraan verbonde. “Die feit dat die grendeltydperk sy eie angs en onsekerheid geskep het, het reeds ‘n bepaalde psigologiese invloed op ons kinders gehad – daarmee saam het dan byvoorbeeld kuberboeliery ‘n groot emosionele impak op kinders gehad.” Sy sê ook dat kinders nie noodwendig emosioneel gereed is vir die goed waaraan hulle blootgestel word nie en nie weet hoe om dit te hanteer nie. “Mens sien hoe baie kinders meer emosioneel tydens die isolasietydperk was en ouers het nie noodwendig verstaan wat met hulle kinders gebeur nie.”

Tegnologie is darem ook nie net ‘n euwel nie

Dit is opvoedkundig met toegang tot nuttige inligting – veral nuttig wanneer jou kind eksamenvoorbereiding of ‘n taak moet doen – of dalk leer- of siekte-uitdagings het en dus nie kan skoolgaan nie. Nog voordele:

  • Dit ontwikkel kinders se politieke en sosiale bewustheid omdat hulle toegang het tot die nuus en aktuele sake.
  • Toegang tot programme soos PowerPoint en Photoshop maak take visueel soveel beter.
  • Sosiale netwerke bou en versterk verhoudings en vriendskappe, wat ‘n positiewe impak op interpersoonlike verhoudings kan hê – soos ‘n mens se siening van kultuur en diversiteit. Tieners tree virtueel meer empaties op.
  • Blogs, kletskamers en aanlyn besprekings ontwikkel belangstellings, kritiese denke en stimuleer so kreatiwiteit.
  • Videospeletjies stimuleer sekere vaardigheide, soos visie, reaksietyd en die vermoë om meer as een ding op ‘n slag te doen.

Die negatiewe kant van tegnologie

“Wanneer jou tienerprinses se bui 110% afhanklik is van die hoeveelheid likes wat sy op haar laaste Instagram-foto gekry het  … of, jou twaalfjarige speletjiefanatikus toon absoluut geen reaksie nie, al het jy jouself vir die soveelste keer herhaal, weet jy dat dit tyd is om die pret te bederf.”
– Anne-Marie Reed in ‘n artikel op Maroela Media.

Tegnologie en veral die misbruik daarvan, speel ‘n groot rol in ons kinders se daaglikse welstand. Ander gebiede word afgeskeep sodat hulle meer tyd aanlyn kan bestee en fisieke, akademiese, gesins- en sosiale gesondheid word agterweë gelaat. Verder:

  • Aanlyn kuier en speletjies speel maak inbreuk op slaap – kwaliteit en kwantiteit – wat weer ‘n negatiewe uitwerking op die tiener se gemoedstoestand, emosies, konsentrasie en geheue kan hê.
  • Die impak op gesondheid as gevolg van ‘n onaktiewe leefstyl en oormatige aanlyn gebruik, kan gesien word in oorgewig en onfiksheid.
  • Oorspronklike kreatiewe denke word afgeskeep weens afgestompte dieper breinfunksies.
  • ‘n Oordrewe fokus op ander se menings, kan lei tot ‘n gebrek aan selfvertroue, ’n negatiewe selfbeeld en sosiale welstand, asook sielkundige probleme soos depressie.
  • Buiten die verslawende uitwerking daavan, kan rekenaarspeletjies, veral as jou tiener dit suksesvol baasraak en gereeld “wen”, tot ‘n vals gevoel van bevoegdheid lei.
  • Die ontwikkeling van digitale demensie, of ‘n toestand van sosiale diskonneksie as gevolg van oormatige gebruik van en blootstelling aan tegnologie. (Kyk kassie vir meer.)

Digitale demensie: Wat is dit?

Dit is ‘n toestand van sosiale diskonneksie as gevolg van tegnologie. Soos byvoorbeeld: Dit is wanneer ons sukkel om feite te onthou, gedisoriënteer is en ons kognitiewe vermoëns afneem. En dit kan alles toegeskryf word aan die magdom inligting tot ons beskikking waaraan ons daagliks blootgestel word.

Simptome van hierdie (eintlik onstellende) digitale demensie is onder andere vergeetagtigheid – wat waarskynlik ‘n gevolg daarvan is dat ons weens al die beskikbare inligting nie ons breine hoef in te span om goed te onthou nie – ons druk net knoppies. (Dink byvoorbeeld aan selfoonnommers. Hoeveel van ons ken ons kontakte se selfoonnommer uit ons kop uit? Bitter min, want jy druk bloot op die persoon se naam en die selfoon doen die res!)

Wat ons egter moet laat regop sit, is die feit dat digitale demensie reeds by ons jong kinders ontwikkel en dit kan hulle normale ontwikkeling kortwiek. Navorsing in die verband het ‘n korrelasie tussen ‘n toename in outisme en aandagafleibaarheid-hiperaktiwiteitsindroom (AAHS)  getoon. Hoe om die toestand te besweer? Ons moet na onsself omsien en bewustelik omgaan met ons welstand. Vra jouself dus voortdurend af: Voeg die gebruik van tegnologie (en skerms) waarde toe tot my bestaan of kniehalter dit my menswees?

Hoe moet jy as ouer die situasie van sosiale media en die tegnologie benader?

Blurp: “Ons moet ons kinders aan die begin vergesel, later monitor, dan mentor en uiteindelik met belangstelling en omgee af en toe inloer en gesels oor hulle doen en late op sosialemediaruimtes.” – Hugo Theron, kliniese sielkundige in ‘n onderhoud op LitNET

Dit is ‘n situasie wat met begrip, maar ook met duidelike riglyne hanteer behoort te word en ons moet as gesin saam besluit wat werk. Hieroor sê Marie Brits die volgende:

  • Beperk skermtyd – neem toestelle saans na ‘n bepaalde tyd af.  Laat kinders self help om skermtyd te bepaal.
  • Geen skermtyd langs die etenstafel of in die slaapkamer voor slapenstyd nie. (Vir ons ouer kinders is die gebruik van ‘n Kindle wel toelaatbaar as hulle wil lees voor slapenstyd, omdat dit nie ‘n “blou skerm” is nie.)
  • Kyk saam met jou kinders na die dokumentêr “Social dilemma”.
  • Wees bedag op jou eie gebruik van sosiale media en onthou maar gerus: “Woorde wek, maar voorbeelde trek”.
  • Moedig jou kinders aan om elke dag in die natuur te kom en te oefen (selfs net 30 minute stap is voordelig).

Hugo Theron gee die volgende wenke:

  • Raak betrokke met sosiale media, leer meer daaroor en praat met jou kinders daaroor – die goeie en die slegte daarvan. M.a.w. benader sosiale media met ‘n oop gemoed.
  • Stel duidelike grense t.o.v. sosialemediagebruik. “’n Goue reël is om vir jou kinders te leer dat hulle niks moet doen of skryf of stuur wat hulle nie gemaklik mee sal voel om in die ‘werklike’ wêreld (vs die wêreld van die internet) vir ‘n person te wys, of te sê, as daardie persoon in dieselfde kamer as hulle sou wees nie.”
  • Maak seker jou kind weet watter webblaaie is aanvaarbaar en watter nie. Net so moet hulle weet watter vriende of kontakte is toelaatbaar.
  • Wees bedag op boeliegedrag op die internet, die sogenaamde kuberafknouery. Dit verg onmiddellike optrede.
  • Respekteer jou tiener se privaatheid, maar luister gerus na jou sesde sintuig as iets jou pla t.o.v. jou kind se sosialemediagedrag.

Hoe ons ook al hierdie sosiale dilemma van ons benader, wat belangrik is, is dat ons breine tyd weg van skerms af nodig het. Daarsonder kan die brein nie ordentlik funksioneer nie.

Dus: Raak aan die beweeg! Oefen, speel, lees!

Bronne: 

Sosialemedia-gebruik en kinders: the good, the bad and the ugly

https://maroelamedia.co.za/leefstyl/ouerskap/wat-is-die-werklike-effek-van-te-veel-skermtyd-op-kinders-se-welstand/

https://www.netwerk24.com/huisgenoot/Nuus/tieners-en-tegnologie-hoekom-dit-eintlik-goed-is-20170528

Die impak van te veel skermtyd op kinders

https://www.edubloxsa.co.za/kinders-en-tv-kyk-skadelik-skadeloos/

https://www.childtherapist.co.za/afrikaans/artikelkategorie/terapieartikel54.html

https://maroelamedia.co.za/leefstyl/tegnologie/digitale-demensie-sosiale-diskonneksie-oor-tegnologie/

The post Jou tiener en sosiale media – gebruik of misbruik? appeared first on Afrikaans.com.

Bank Beter: Aflaaibare begrotingsgids in eenvoudige Afrikaans

Feesnuus: Die Suidoosterfees gaan voort PLUS nuutste oor ander gewilde Afrikaanse feeste.

$
0
0

Feesnuus: Die Suidoosterfees gaan voort met ’n kleiner, intieme program PLUS nuutste oor ander gewilde Afrikaanse feeste.

Van 26 April tot 1 Mei 2021 bied die Suidoosterfees ’n kleiner, intiemer fees as gewoonlik aan. Dié korter program val binne die fees se tradisionele datums, en vind plaas ingevolge die pandemie-regulasies wat tans geldig is. Die meeste produksies word by Artscape, die tuiste van die Suidoosterfees, gehou, terwyl ander produksies in die gewilde inryteater-formaat by Atlantic Studios te sien sal wees.

Prof. Brian Figaji, direksievoorsitter, sê dat die Suidoosterfees daartoe verbind bly om werksgeleenthede vir kunstenaars te skep, en om ’n veilige omgewing vir gehore te skep waar hulle ’n heerlike verskeidenheid van teater, musiek en gesprekke kan geniet.

Die Covid-19-pandemie, weens beperkings op groepgeleenthede, het ’n massiewe impak op feeste wêreldwyd. Die huidige stand van ander gewilde feeste in die land is as volg:

  • Na deeglike oorweging, sal Aardklop in sy normale formaat nie voortgaan tussen 28 September en 3 Oktober nie. Die feesbestuur het wel ‘n ‘’opwipfees’’ in die pyplyn met aanbiedinge in Pretoria, Johannesburg en Potchefstroom wat vir September tot November beplan word.
  • Die Stellenbosch Woordfees gaan voorlopig steeds voort tussen 17 en 24 September.
  • Die Standard Bank Innibos Kunstefees, word beplan vir 16 tot 20 Desember vanjaar.
  • Die KKNK is vir eers uitgestel sonder bevestiging van moontlike datums.

Die programverskeidenheid reflekteer die fees se slagspreuk: ’n Fees vir almal! Produksies wissel van ernstige drama tot klassieke musiek, boekgesprekke, komedie en gesinsvermaak. Ingevolge die nasionale pandemieregulasies is daar slegs ’n beperkte aantal kaartjies vir elke produksie beskikbaar.

Binne die volgende week gaan die Suidoosterfees elke dag ’n nuwe programafdeling aankondig. Jana Hattingh, uitvoerende hoof, sê: “Feesgangers gaan moet spring om kaartjies te kry. Ons beveel aan dat daar reeds vroegoggend gekyk word na die aankondigings, en dat mense dadelik moet bespreek om teleurstelling te voorkom.”

Soos gewoonlik is daar baie gratis aktiwiteite vir feesgangers, maar hiervoor is besprekings per e-pos noodsaaklik as gevolg van die kleiner kapasiteit. Besprekings vir gratis aanbiedinge kan by Francois Abrahams (Francois.Abrahams@media24.com) gemaak word. Mense wat inligting oor die onderskeie programafdelings heel eerste wil ontvang, kan sommer dadelik ’n e-pos stuur aan Faren Esau: Faren.Esau@media24.com; of hulle kan die Suidoosterfees-webwerf www.suidoosterfees.co.za besoek.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

The post Feesnuus: Die Suidoosterfees gaan voort PLUS nuutste oor ander gewilde Afrikaanse feeste. appeared first on Afrikaans.com.

Pak ’n gesonde kosblik wat jou kind se mond sal laat water … PLUS gratis resepte!

$
0
0

Skrywer: Annelie van Jaarsveldt

In ’n sekere laerskool was daar jare gelede ’n grondslagfaseonderwyseres wat daarop aangedring het dat die kinders in haar klas gesonde kosblikke moes hê. Aartappelskyfies, gas- of aanmaakkoeldrank met baie suiker en veral lekkers was verbode en ouers is sonder versuim ingeroep om die sakie te bespreek. Dalk nie die mees diplomatiese manier nie, maar … glo dit of nie, die mense het geluister, want die onderwyseres was eintlik heeltemal reg.

Kinders het die regte voedingstowwe nodig om genoeg energie en breinkrag te hê om deur die dag te kom. Daarom is dit so belangrik dat ons mooi moet dink oor die inhoud van daardie kosblik. Hy moet nie net aanloklik lyk nie, maar ook gesond wees. Die belangrikste is: Jou kind moenie eers agterkom hy eet gesond nie. Hoe doen ’n mens dit? Afrikaans.com het met ’n voedingkundige gesels en gee die volgende wenke:

Probeer om die belangrikste voedselgroepe in te sluit sodat jou kind ’n gebalanseerde hoeveelheid vitamiene,  minerale, kalsium en vesel inneem:

  • Gesonde vette en olies
  • Proteïene:
    • Suiwelprodukte soos melk, kaas, jogurt
    • Alle vleis, vis, seekosse, eiers, peulgroente en neute
  • Koolhidrate (stysel en suikers)
  • Vrugte en groente

Laai 3 gesonde resepidees af, klik hier.

Laai die voedselpiramide-plakkaat af, klik hier.

Hoekom die verskillende voedselgroepe? Watter voordele hou dit in?

Kinders moet groei en het energie nodig om hulle heeldag aan die gang te hou en hulle breine en spiere optimaal te laat funksioneer. Al die voedselgroepe is dus belangrik as deel van ’n gesonde en gebalanseerde dieet.

Ons maak staat op ’n verskeidenheid van voedselsoorte om die verskillende voedingstowwe te kan inneem – al die elemente wat nodig is om ons gesond te hou en ons immuniteit, hartgesondheid, geestesgesondheid en fisieke ontwikkeling op verskillende stadiums van ons lewens in stand te hou. Dit is ook belangrik vir die noodsaaklike prosesse wat voortdurend in die liggaam plaasvind. Makro- en mikrovoedingstowwe werk in sinergie saam en is dus dikwels afhanklik van mekaar om hulle funksie behoorlik te verrig.

Voedselgroepe

Hoe lyk ’n tipiese gebalanseerde kosblik? Waar begin ’n mens?

  • Begin by ’n proteïenbron. Dit is ons boublokke en is noodsaaklik vir die beheer van bloedsuikervlakke vir volgehoue energievlakke.

Voeg nou die res by:

  • ’n Komplekse koolhidraatbron vir vesel. Dit sorg vir gesonde spysvertering asook bloedsuikerbalans. Daarom is lae GI- (glukemiese indeks-) kossoorte belangrik vir die stadige vrystelling van suiker wat ons liggame en breine nodig het vir brandstof – veral belangrik vir kinders. (Glukemiese indeks verwys na verskillende koolhidraatryke kossoorte, gebaseer op die uitwerking wat dit op die bloedsuiker -glukosevlak van die bloed )
  • Groente en vrugte. Dit verskaf die nodige vitamiene en vesel. (Wenk: Sit ’n jogurtdoopsousie in ’n toe houertjie by sodat jou kind die groente- of vrugtestukkies daarin kan doop. Appelskyfies met grondboontjiebotter is ook lekker. Droë mango, appel, ens.)
  • Dit kan uit groen groentes verkry word (bv. spinasie en brokkoli), maar indien jy ’n suiwelopsie verkies, dan is dit reg so. Wees net bedag op kinders wat dalk sensitief is vir, of sleg reageer op suiwel. Die meeste dieetkundiges raai ons aan om suiwel by ons diëte in te sluit om die nodige kalsium in te neem, maar hou in gedagte, kalsium kan ook uit talle ander bronne verkry word.
  • Noodsaaklike vette en olies. Neute is ’n goeie keuse, maar let op die porsiegrootte. Maak ook seker die skool is nie ’n neutvrye sone nie, want ’n neutallergie kan dodelik wees. Fyngemaalde lynsaad gesprinkel oor Griekse jogurt – voeg kaneel of opgekapte appel of peer by vir natuurlike soetheid – is ’n maklike manier om hierdie groep by die dieet in te sluit.
  • Verkieslik water. Hoe gemaak met die kind wat nie hou van water nie? Probeer skyfies suurlemoen in hulle waterbottels – ander vrugte kan ook werk, soos ’n hand vol frambose of bloubessies. Party kinders hou ook van skyfies komkommer in hulle water. Of maak ystee met gegeurde kruie- of vrugteteesakkies of sommer net gewoon rooibos. Suiwer vrugtesap (sonder bygevoegde suiker) kan in klein hoeveelhede ingeneem word. ’n Goeie idee is om die sap met water te verdun.

Hoekom is water so belangrik?

Water is ons liggaam se olie en is noodsaaklik vir verhoogde konsentrasie en energievlakke en om gesonde spysvertering te bewerkstellig. Dit help met hardlywigheid en op die manier raak ’n mens ontslae van gifstowwe.

So lyk die bestanddele van die ideale kosblik

Maak net seker die kosblik word in ’n koel omgewing gehou, of belê in ’n klein koelsaktipe houer – veral as die kosblik vleis bevat. Vermy egter liefs hoender en vis, veral as jou kind heeldag lank by die skool gaan deurbring.

  • Verandering van spys gee nuwe eetlus! ’n Hardgekookte eier, wortelstokkies, seldery, komkommer, kersietamaties, salamistokkies, hummus, heelgraankraakbeskuitjies, kaasblokkies of -wiggies, bessies, tuisgemaakte klein quiches (souttertjies), springmielies.
  • Meer tradisioneel? Maak ’n heelgraantoebroodjie of rol (“wrap”) gevul met roomkaas, tuna of gerookte salm en blaarslaai. Voeg daarby ’n paar kersietamaties, komkommer, fetablokkies, droëvrugte (let net op porsiegroottes, want dis hoog in suiker), blokkies kaas of gekerfde biltong en dalk ’n tuisgemaakte bederfie, soos piesangbrood, mini- wortel- of semelmuffins, proteïenstafies, ens.
  • Sit dit in ’n houer of fles. ’n Ander alternatief is kos in ’n houer en/of warmfles – veral vir die kind wat heeldag by die skool besig is. Dit sluit in: tuna-pastaslaai, sop, kerrie – dus die ideale manier om oorskietkos te gebruik.

 Alweer dieselfde vervelige kosblik!

O wee! As daardie kosblik huis toe kom met die helfte nog oor en in krummels, het dit tyd geraak om letterlik uit die kosblik te dink. Hou dit interessant, kleurvol en smaaklik.  Hier is raad:

  • Kinders hou van kos op stokkies . Gebruik dus peuselstokkies vir groente/vrugte. As jy ’n rol (“wrap”)maak, sny dit in kleiner stukkies en ryg op ’n stokkie.
  • Interessante vorms is pret. Gebruik sommer koekiedrukkers en maak so van ’n gewone toebroodjie of vrug ’n meesterstuk. Dit is maklik en vinnig en jy hoef nie ’n Instagram-ouer te wees om iets oulik op te tower nie!
  • Sit smaak by. Gebruik kaneel, saadmengsel, vrugtestukkies, ens. om smaak by te sit – veral as jy hou by gewone volroom- Griekse jogurt.

Beplanning is noodsaaklik

Ouers is besig en om ’n gebalanseerde kosblik te pak, verg tyd. Daarom is dit raadsaam om ten minste weekliks vooruit te beplan wat daar ingepak gaan word. Dit help met die inkopies en as jy van die elemente vooraf kan maak en selfs vries, is alles sommer in ’n japtrap klaar. Om vooruit te beplan verseker ook dat jy ’n verskeidenheid deur die week inpak – op die manier word die volledige spektrum van noodsaaklike voedingstowwe sommer ook gedek.

Hoe gemaak met die fiemies?

Kinders kan nogal uitsoekerig en vol fiemies wees, veral as dit kom by gesonde happies, soos vrugte en groente.
Goeie raad is

  • om die kos “mooi” en interessant te laat lyk – soos reeds genoem;
  • om jou kind te betrek in die besluit, beplanning en voorbereiding – kinders eet meestal kos wat hulle self gekies of gemaak het; en
  • om slim te werk te gaan met bestanddele soos murgpampoentjies, wortels en spinasie – verwerk dit in ’n koekie of muffin.

Die lewe is bitter genoeg – wat van ’n lekkertjie nou en dan?

Dit bly natuurlik jou keuse, maar lekkergoed in die kosblik is nie die beste opsie nie. Tog kan ’n bederfie so nou en dan nie skade doen nie, maar probeer om dit self te maak.

  • Bak ’n plaatkoek soos ’n suikervrye piesangbrood, of gebruik wortels, appel of peer en maak mini-muffins. Daar is verskeie maniere om jou gebak natuurlik te versoet, soos byvoorbeeld met vrugte, soos byvoorbeeld appelmoes.
  • As jy die bederfies by die winkel koop, lees dan die etikette sodat jy weet watter bestanddele dit bevat.
  • Sjokolade? Hoe donkerder, hoe beter – en nie meer as twee blokkies nie (ai … dis maar min!).

En wat moet liefs nie ingepak word nie?

  • Kos wat allergene bevat (m.a.w. allergiewekkende bestanddele) en wat skole dalk verbied het, soos byvoorbeeld neuter/grondboontjiebotter – veral as dit deel uitmaak van tuisgebakte happies – en jou kind dit dalk met maatjies deel.
  • Kossoorte/versnaperinge met ’n hoë suikerinhoud en geprosesseerde kos (die soutinhoud is dikwels baie hoog) moet soveel as moontlik vermy word.

Resepte:

Murgpampoentjie-muffins

Jogurt-doopsous

Appelmuffins

Laai ons kleurvolle voedselpiramide-plakkaat af. Klik hier

The post Pak ’n gesonde kosblik wat jou kind se mond sal laat water … PLUS gratis resepte! appeared first on Afrikaans.com.

Diana Ferrus: ʼn Belangrike stem in die Suid-Afrikaanse poësielandskap

$
0
0
Diana Ferrus

Skrywer: Alita Steenkamp

Een aand in die vreemde, vol heimwee en siek van verlange na haar ma wat die vorige jaar gesterf het, het Diana Ferrus meteens gedink aan Sarah Baartman, die Khoi-vrou wie se skelet en liggaamsafbeelding vir meer as 150 jaar in ʼn Franse museum uitgestal is. Hoe baie moes Sarah in daardie tydperk wat sy in Europa aangehou is na haar ma en haar geboorteplek verlang het, het Diana gedink terwyl sy by die venster van haar woonplek in Utrecht, Nederland, uitgestaar het. Een van die afdelings van haar Honneursgraad in Vrouestudies waarmee sy besig was, was Seksualiteit in die Kolonies en Sarah Baartman was deel van die studiemateriaal. Met heimwee wat oor haar spoel, het sy besef hoe intens Sarah Baartman, byna 200 jaar gelede, na haar huis moes verlang het. Meteens het sy ʼn stem gehoor wat uitgeroep het: “I want to go home, I want to go home.”

“Jy weet,” vertel Diana in ʼn telefoongesprek, “net daar het ek, met trane wat oor my wange stroom, omgedraai en gaan sit om die eerste reël van die gedig te skryf: “I come to take you home…” Ek het nooit geweet hoe profeties daardie woorde sou wees nie,” vertel sy van die geboorte van die gedig Huldeblyk aan Sarah Baartman.

Sy het daardie tyd die gedig in Engels geskryf, want haar medestudente was van reg oor die wêreld en dus nie Afrikaans magtig nie. Terug in Suid-Afrika, nadat dr. Willa Boezak die gedig gehoor het, het hy by Diana aangedring dat sy dit in Afrikaans moet vertaal, want “onse mense praat Afrikaans.” Nadat hy haar die derde keer gevra het en gedreig het om dit self in Afrikaans te vertaal, het Diana gaan sit en die vertaling in een sessie gedoen. Uiteindelik is Sarah Baartman se oorskot na Suid-Afrika teruggestuur waar sy in Hankey, in die Gamtoosvallei, begrawe is. Diana se gedig het sonder twyfel ʼn baie groot rol gespeel in die herbewusmaking van die lot van Sarah Baartman. Dit was juis ʼn vertaling van haar gedig, wat die Franse senator Nicolas About in die Franse senaat voorgelees het, wat uiteindelik gelei het dat ʼn wet aanvaar is om Sarah, of Saartjie soos sy ook bekend was, te laat huis toe kom.

Diana Ferrus

Fotos: Facebook

Diana het reeds as ʼn jong tiener, 14, 15 jaar oud, haar eerste twee gedigte geskryf. Sy vertel dat sy grootgeword het in ʼn politiekbewuste familie. Haar neef Hennie Ferrus, was ʼn aktivis en danksy hom was sy altyd bewus van reg en onreg. Sy het van ʼn treinramp in die destydse Landstem, die voorloper van Rapport, gelees en die foto’s van die treinramp het haar verskriklik aangegryp. In die ongeluk is meer as 80 swart werkers wat per trein na KwaMashu gereis het, dood. Dit het haar geïnspireer om haar heel eerste gedig te skryf. Hierna het ʼn voorval wat in Doringbaai, ʼn klein vissersgemeenskap aan die Weskus gebeur het, haar weer geïnspireer om oor die mense se swaarkry te skryf. ʼn Groepie gesinslede en familie van die manne op ʼn visserskuit, het gestaan en kyk hoe die skuit in die hawe inkom, maar dit het voor hulle oë omgeslaan en die vissers het verdrink.

“My ouers was baie opgewonde oor die gedigte. Van kleins af het hulle gereeld vir ons poësie voorgelees en gedramatiseer en dit is waar my liefde vir poësie vandaan gekom het. Dit was vir my so lekker om iets te kon skep waarvan ander mense hou. In graad 11 en 12 het ek en ʼn paar klasmaats gereeld bymekaar gekom om gedigte te skryf. Tot my spyt het ek nie meer daardie twee oorspronklike gedigte nie. Dit is vernietig toe my ma, soos elke jaar, haar kaste leeggemaak het en daarvan ontslae geraak het,” sê Diana.

Diana was vir 25 jaar werksaam by die Universiteit van Kaapstad, maar het in 2016 afgetree. Daar was egter nog geen kans vir stilsit nie, want Diana doen steeds baie werk as beoordelaar vir die ATKV, werkswinkels vir die National Institute for Humanities and Sciences en die nasionale biblioteek van Suid-Afrika, om ʼn paar te noem. Sy is ook een van die stigterslede van die groep Mengelmoes Digters. Diana is ook nou betrokke by die Pniël digters wat sopas hul eerste boek, Voetspore, vrygestel het. Sy tree ook graag as geleentheidspreker op by verskeie funksies en huiwer nie om van haar gedigte voor te dra nie, want, sê sy: “I’m a sucker for the stage. Ek word iemand anders op die verhoog en put geweldig baie inspirasie en krag uit die gehoor.”

Diana Ferrus

Haar liefde vir Afrikaans, is iets waaroor sy met groot vrymoedigheid praat. Dis die taal waarin sy grootgeword het, die taal wat ouma Bettie, wat haar eintlike versorger was, gepraat het. Sy lag heerlik wanneer sy vertel hoe ouma Bettie ʼn eienaardige gewoonte gehad het. Wanneer sy in die middag vieruur haar koppie koffie gekry het om te drink, het sy altyd so ʼn klein bietjie in die koppie oorgelos. Diana sê hulle kon maar enige plek gewees het, soos klokslag sou sy bykom om ouma Bettie se laaste slukkie te drink.

“Natuurlik klop my hart in Afrikaans,” sê sy, “maar dis ook belangrik om te sê dat ek al die variante embrace. Ek is positief oor die voortbestaan van Afrikaans en al die variante. Dit maak my opgewonde om te sien dat iemand soos Olivia Coetzee ʼn volledige boek, Innie Shadows, in Kaaps geskryf het. Jy kan net nie Afrikaans met ʼn stywe draad wil rig en lei nie. Ons moet toelaat dat Afrikaans gebuig word, dit is nog al die jare gebuig.”

Op 21 Maart word Wêreld-Poësiedag gevier, en Diana dink dis ʼn uitstekende idee om ʼn dag spesiaal te wy aan die digters wat met hulle fyn net van woorde, mense kan help om hulle eie gevoelens te ontleed, te ontsyfer, te ken en te verstaan. Sy het reeds as jong meisie besef dat die woorde wat sy op papier neerpen, haar ook help om die pyn en swaarkry beter te verstaan en te verduur.

“Jy weet, as ek iemand moet ontmoet wat my van gʼn kant af ken nie, sal ek myself voorstel as ʼn doodgewone mens wat gelukkig woon in my huisie in Kuilsrivier,” sê Diana. Dan lag sy weer. “Die huis is natuurlik veels te klein vir al my boeke, maar het wel  ʼn uitsig op Tafelberg aan die een kant, en Kuilsrivier se berge aan die ander kant. Wat ek egter sal wil hê dat hulle moet weet, is dat ek ook ʼn skrywer, ʼn digter en ʼn storieverteller is. My skryfwerk is soos die Kanadese musikant Joni Mitchell se musiek: confessional. Soms is daar by ander mense ʼn groot ongemaklikheid omdat ek myself, my pa en ma en my familie so aan die wêreld blootstel. Tog het ek lankal besef daar is mense daar buitekant wat wag dat ek hierdie gedigte moet skryf, sodat hulle hulself kan genees daarmee. Wanneer ek dit reggekry het, en wanneer ek ʼn jong of opkomende digter kan help om hulle plek in die Suid-Afrikaanse poësielandskap te vind, maak dit my intens gelukkig.”

The post Diana Ferrus: ʼn Belangrike stem in die Suid-Afrikaanse poësielandskap appeared first on Afrikaans.com.

Herfsreeks: Leandie du Randt oor boeke, angs, dankbaarheid, en gewoontes.

$
0
0

Leandie du Randt, hetsy dit op ‘n skerm, ‘n verhoog, as skrywer, of as aanbieder is, hét nou maar eenmaal teenwoordigheid. Met haar kenmerkende sprankel en go-getter-houding het sy oor die afgelope jare haarself nie net as aktrise gevestig nie, maar ook as besigheidsvrou. Haar oop en eerlike benadering tot dinge soos angs, verhoudings, en mislukking maak haar een van Suid-Afrika se mees toeganklike openbare persoonlikhede. Tans te sien as aanbieder op M-Net se splinternuwe realiteitsreeks, Love Island South Africa, het ons besluit dis tyd om vir Leandie so bietjie beter te leer ken.

Waar kom haar dankbaarheidsgees vandaan? Watter boeke lees sy graag? En wat doen sy wanneer sy oorweldig voel? Lees en leer saam!

Afrikaans.com maak van tyd tot tyd gebruik van Tim Ferris se Tribe of Mentors-vrae om meer te leer van (en by) ons land se gunstelingbekendes, besigheidspersoonlikhede, skrywers, en so meer. Hierdie artikel vorm deel van daardie reeks.

Wat is die boek (of boeke) wat jy graag en mees dikwels as geskenk gee en hoekom?

Of, wat is die een tot drie boeke wat ’n groot invloed op jou lewe gehad het en hoekom? 

The 7 Habits of Highly Effective Teens deur Steven Covey – ek was in graad 10 toe ek vir die eerste keer ’n selfhelpboek gelees het en dit was dié een. My pa het net die boek op my kussing neergesit. Dalk omdat ek daai tyd nogal ’n moeilike tiener was en baie met my ma baklei het. Hy wou seker op ’n ander manier na my probeer deurdring en dit het gewerk, hoor! Dié boek het my verslaaf gemaak aan selfhelpboeke. Dit is definitief waar my liefde vir selfbevordering, introspeksie, sowel as my belangstelling in die mens se hart en psige, begin het. Hierdie boek is so ’n fantastiese geskenk vir enige tiener. Vir diegene wat reeds uit hul tienerjare is, maar steeds graag sal wil leer uit Covey se beginsels, is daar ook ‘n volwasse-weergawe, The 7 Habits of Highly Effective People.

The 5 Love Languages deur Gary Chapmandie boek het ek ook al op hoërskool gelees omdat ek vas geglo het dit gaan my help om my trouman te vind. Wat dit wel doen, is om jou en ander se liefdestaal te identifiseer en te verstaan. Dit verduidelik jou hoe mense verskil in die manier waarop ons liefde wys, raaksien en ook wil ontvang. Dit het al so baie huwelike en verhoudings gered – nie net tussen man en vrou nie, maar ook in families en vriendskappe. Ek sal veral hierdie boek aanbeveel vir paartjies. Wanneer dit by mense en verhoudings kom, beveel ek ook graag Fascinating Womanhood deur Helen Andelin aan. Die boek is aan my gegee deur een van my hartsvriendinne en mentors, dr. Gerdi van den Berg (haar eie boek Jy Kan Verander is ook ’n MOET LEES). In Fascinating Womanhood leer jy as vrou hoe om jou man lief te hê op ’n manier wat hy gaan raaksien en verstaan – dit is regtig revolusionêr, dog so outyds in beginsel.

The Power of Now deur Eckhart Tolle as jy so sterk L2 soos ek is in Kobus Neethling se Breinprofiel (gaan lees gerus meer daaroor!), sal jy baie graag alles in jou lewe wil beplan. Die waarheid is egter, nes die Woord van die Here ook sê, dat wat was en wat kom niks is teenoor wat IS nie, en dat ’n mens net tot ’n mate kan beplan. ’n Mens kan ook nie terugvaar in tyd en dinge verander nie. Daarom moet ‘n mens leer om dit wat IS, te omarm. Dis waaroor The Power of Now gaan. Eckhart Tolle het dit so mooi reggekry om my te leer om dit wat ek nou is en het, te vier. As ek in die hede gaan opdaag en teenwoordig wees, word bekommernis en angs oormôre minder. Die boek is ’n moet-lees vir angstige en neurotiese mense. Echkart Tolle se potgooireeks saam met Oprah, wat ook oor die boek handel, is ’n moet-luister daarna of terwyl jy die boek lees. Die potgooi help om van die moeiliker konsepte verteerbaar en meer verstaanbaar te maak.

Ander boeke wat ’n mens ook laat dink en jou denke laat verbreed, is The Alchemist deur Paulo Coelho en The Monk Who Sold his Ferrari deur een van my gunstelingmentors en life coaches, Robin Sharma. Sy kort video’tjies op Instagram en kort podcasts is ook definitief ’n moet vir dié wat hou van selfbemeestering en selfbevordering.

Leandie du Randt

Watter aankoop van ‘n R1000.00 of minder oor die afgelope 12 maande het ’n groot impak op jou lewe gehad?

Ons lesers hou van besonderhede – sluit in handelsmerk, model, waar jy dit gekoop het, waarom dit jou gehelp het, ens. 

My Ring Light op Takealot.com vir R850. Ek gebruik dit vir al my Zoom-oproepe, onderhoude, foto’s en video’s wat ek self maak.

As jy ’n massiewe buitelugadvertensiebord iewers kon oprig wat miljoene mense sou bereik, wat sou dit sê en hoekom?

Dit kan ’n paar woorde wees of ’n volledige paragraaf. Jy kan selfs iemand aanhaal. 

Kies dat die lewe besig is om VIR jou te gebeur.

Wat is een van die beste beleggings wat jy al ooit gemaak het?

Dit kan tyd, geld, energie, ens. wees.

Die tyd wat ek al in my vriende en familie spandeer het. Hulle is my ‘’tribe of mentors’’ en my council soos ek hulle noem. Sonder hulle sou ek definitief nie gewees het waar ek is nie of al oorleef het wat ek het nie.

Wat is ’n ongewone gewoonte wat jy het, of iets skynbaar absurd wat jy baie graag doen? 

Hierdie vraag, in ‘n enkele woord, kan vir my opgesom word in dankbaarheid en die uitlewing daarvan. My ma het aan alzheimers gelei. Om hierdie rede, het ek myself die gewoonte aangeleer om vir Liewe Jesus dankie te sê vir klein dingetjies wat ek self kan doen – om te kan badkamer toe gaan, om iets te kan herroep en te onthou, om nooit ‘n herinnering weg te wens nie. Die boek, The Magic, het ook die gewoonte in my gekweek om altyd vir skoonmakers dankie te sê; in die inkopiesentrum, by die lughawe, waar ook al! Die vreugde wat dit op hulle gesigte bring, maak elke keer my dag. Ons is so geneig om te kla as ‘n publieke plek vuil is, maar sê ons ooit dankie as dit skoongemaak word? Dankie dankie dankie!

In die laaste vyf jaar, watter nuwe siening of gewoonte het jou lewe die meeste verbeter? 

Sonder twyfel die gewoonte om ‘n lewe van dankbaarheid te lei en ‘n gratitude journal (dankbaarheidsjoernaal) te hou. Ek gebruik dit om daagliks 10 goed neer te skryf waarvoor ek dankbaar is. Dit plaas ’n mens op ‘n ‘’frequency van receiving’’ en voorkom dat ‘n mens ‘n slagoffer word – jou gedagtes en dit waarop jy mediteer, is van onskatbare belang.

Wanneer jy oorweldig of ongefokus voel, wat doen jy om dit te oorkom? 

Ek vra eers vir myself af wat dit is wat my uitstres of oorweldig, en of dit iets is wat ek kan beheer. As dit nie is nie, moet ek besluit om dit te aanvaar en te begin fokus op die ander dinge wat op die oomblik waar en goed is in my lewe. As dit iets is wat ek kan beheer, vra ek myself af wat ek kan doen om dit te verander of verbeter. Dan maak ek ’n aksie-lysie en prioritiseer die volgorde waarin dinge moet gebeur. Daarna spring ek aan die gang en begin net. Ek raak rustig as ek lysies het van wat gedoen moet word. Ek maak gebruik van die notas-funksie op my selfoon, en merk elke taak af soos wat ek vorder. Dit bring vir my baie vreugde en laat my voel ek is min of meer in beheer van my dinge.

As ek net hartseer of emosioneel voel, gooi ek vir my ’n glas wyn in en gaan sit ek iewers waar ek na die natuur kan kyk en noem vir myself alles op wat ek het om voor dankbaar te wees. Ek dink ook aan wat dit is wat my hartseer maak en dan vra ek myself af hoekom en wat kan ek daaraan kan doen om die gevoelens te laat gaan. Dit help my ook baie om dit te bespreek met my kêrel, vriendinne, of familielede. Hulle gee altyd vir my perspektief en help my om sin te maak van my gevoelens. Soms het mens net daai iemand nodig om dinge van af te bons, want ons raak soms te subjektief betrokke by ons eie gedagtes en sien dinge nie vir wat dit werklik is nie, maar vir die fasade wat ons in ons kop geskep het.

Leandie du Randt

The post Herfsreeks: Leandie du Randt oor boeke, angs, dankbaarheid, en gewoontes. appeared first on Afrikaans.com.


Afrikaans uitskuif? Watwou!

$
0
0

Skrywer: Annelie van Jaarsveldt

“Jean Laponce, ’n Frans-Kanadese taalkundige, beskou Afrikaans as net een van vier tale (die ander is Hindi, Hebreeus en Maleis-Indonesies) wat in die eerste agt dekades van die 20ste eeu van ’n spreektaal tot ’n hoogkultuurtaal ontwikkel het.”

’n Oorsig

Die afgelope paar weke is die  taalregte van Afrikaanssprekende studente op Suid-Afrikaanse kampusse weer kwaai getroef en het gevoelens hoog geloop – trouens, die kwessie van taalbeleid is nog lank nie verby nie. Dit blyk steeds dat die gevoelens en vooroordele van nie-Afrikaanssprekendes voorkeur geniet.   Prof Hermann Giliomee sê in die verband in ’n artikel op Netwerk24 dat die Universiteit Stellenbosch op pad is na kultuurloosheid en dat kultuuroordrag aan die US in gevaar is. Gaan lees ’n mens meer hieroor, blyk dit dat die stand van sake al ’n geruime tyd aan die kom is en word daar verskillende redes daarvoor aangevoer, onder andere dat toekennings t.o.v. befondsing op grond van internasionale norme gemaak word, en dat “die nuwe geslag na 1994 nie weet hoe om sosiale netwerke en sosiale kapitaal ten behoewe van hul gemeenskappe en hul taal te mobiliseer nie”.  Ook met die onderhandelinge tussen die NP-regering en die ANC in die vroeë 90’s, het die voertaal in universiteite en skole nie werklik aandag geniet nie en het dit “geblyk dat die ANC onverdraagsaam teenoor Afrikaans was” – aldus Piet Marais, destydse minister van onderwys. Ons lees ook dat die US in 2006 ’n voertaalbeleid ondersteun het waar Engels en Afrikaans tot die finale voorgraadse jaar in die klas gepraat word. Hierop het Laponce soos volg gereageer: “It confirms what I resisted to believe … the system is to the eventual advantage of English, Afrikaans being retained as a mere decoration.”

Die Konstitusionele Hof-uitspraak tussen Gelyke Kanse en die Universiteit Stellenbosch in 2019 rakende die reg tot onderrig in Suid-Afrikaanse inheemse tale op tersiêre vlak se beslissing ten gunste van die US se taalbeleid was verreikend en is die reg van Afrikaanssprekendes om in hulle moedertaal onderrig te word in die weegskaal geplaas. Danie van Wyk van die Suid-Afrikaanse Onderwysontwikkelingstrust en voorsitter van die DAK Netwerk, het destyds gesê dat Afrikaans, maar ook meertaligheid, “’n gevoelige slag toegedien is”. Na aanleiding van die huidige debat sê Van Wyk: “Die verbod op Afrikaanse studente om in Afrikaans te kommunikeer en om onderrig in hul moedertaal te ontvang, is ’n subtiele vorm van ont-taling.”

“Die toekoms van Afrikaans is in sy sprekers se hande.”
– prof. Michael le Cordeur

Prof Michael le Cordeur sê destyds oor die KH-uitspraak:  “Pleks van in sak en as te gaan sit, het diegene wat Afrikaans ter wille is, nou die geleentheid om die daad by die woord te voeg.” In ’n meningstuk wys hy ook op die geleenthede wat daar is om die handhawing van Afrikaans as medium van onderrig en bevordering van Afrikaans as wetenskaps- en beroepstaal binne ’n meertalige gemeenskap, te bewerkstellig. Trouens, le Cordeur beskou die toekoms van Afrikaans as rooskleurig.

Hy sê verder dat die toepassing van die taalbeleid in die sprekers se hande is. “Studente moet die moed hê om hul pond vleis op te eis en dosente moet weet dat dit baie ekstra werk gaan verg. Die beleid sal val of staan by die mate waartoe die reëls van die beleid nagekom word al dan nie.”

Maar nog is dit het einde niet!

“Wat het geword van inklusiwiteit waartoe ons onsself verbind het? Is eentaligheid nou ons voorland? Of is daar perke. Wanneer praat ons van diversiteit?”
Dr Mvula Yoyo, voormalige Matie-dosent in Afrikaans en lid van die universiteitsraad in ’n artikel op Netwerk24.

En om sout in die wonde te vryf, lees ons op Netwerk24 dat die Universiteit Stellenbosch nou ’n nuwe konsepbeleid vir kommentaar op hulle webtuiste gepubliseer het (die publiek het tot 12 April geleentheid om op die webtuiste kommentaar te lewer) waarvolgens Afrikaans nie meer as ’n “inheemse taal” beskou word nie en dat Art. 7.1.11.2 van die universiteit se 2016-taalbeleid, naamlik dat Afrikaans en Engels die US se leer- en onderrigtale is, aangepas word. Dit volg op ’n voorstel deur dosente dat hulle weens die gevolge van die covid-19-pandemie nie die eerste semester nog met die vertaling van lesmateriaal in Afrikaans wil opgesaal word nie. Daar is uit verskeie oorde sterk op hierdie verwikkelinge gereageer en die gevoel is dat dit nie by ’n sogenaamde “tydelike” besluit sal bly nie en dat protesoptrede nou die enigste uitweg is om druk op die bestuur van US oor sy taalbeleid uit te voer. Dr Willa Boezak voel ook dat dit veral die arm, plattelandse Afrikaanse student is wat benadeel sal word. Danie van Wyk, voorsitter van die DAK Netwerk, meen ook dat dit nie net gaan oor “die voortbestaan van Afrikaans op universiteit nie, maar ook oor die gebruik van Afrikaans in ons skole, in ons howe en in die staatsdiens.” Alana Bailey, hoof van kultuursake by AfriForum het bygevoeg dat Engelse onderrig aan studente opgedis word as ’n kortpad na sukses, afgesien van die legio bewyse van die akademiese, sielkundige en ekonomiese voordele van moedertaalonderrig. Bailey sê ook daar “net lippetaal aan veeltaligheid bewys word.”

’n Mondvol inderdaad en ’n debat wat nog lank gaan voortduur met natuurlik ’n goeie skeut uitsprake en menings van doemprofete daarby!

Maar … lees verder en vier opnuut Afrikaans en sy sprekers saam met ons!

“Afrikaans is ’n loslittaal; ’n lenige en soepel taal waarin jy jouself kan uitdruk en dinge kan sê soos wat in geen ander taal moontlik is nie. En terwyl elke taal in mindere of meerdere mate sulke unieke uitdrukkingsvermoë besit, is daar nie nog een wat dit kan doen soos in Afrikaans nie.”
Dr Christo Viljoen, 2015

Afrikaans.com neem kennis van die huidige stand van sake oor die taalbeleid, gebrek aan kultuuroordrag en die aanslag op Afrikaans en ons hou die situasie dop, maar as deel van ons mandaat fokus ons op die positiewe van die taal en sy sprekers en vier ons dit in al sy vorme. Daarom hou ons rekening met Afrikaans se verskillende dialekte of variante en omarm ons elkeen.  Ons vier ook Afrikaans as ’n volwaardige en ontwikkelde wetenskap- en akademiese taal  – die talle Afrikaanse vakwoordeboeke is ’n klinkklare bewys daarvan.

Afrikaans lewer ’n belangrike bydrae tot gehalte-onderrig

Die inisiatiewe rondom die stigting van private Afrikaanse tersiêre instellings en organisasies, soos byvoorbeeld Akademia, Sol-Tech, Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum (SOS), die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON) en MOS (Moedertaal in Onafhanklike Skole) is ’n bewys dat die Afrikaanse tersiêre sektor steeds uitbrei en leerders en studente in lyn met internasionale standaarde vir die toekoms toegerus word.

Sukses deur Afrikaans

Die bevordering van moedertaalonderrig en die voordele wat dit inhou, lê ons na aan die hart en ons sal nie ophou om bewusmaking hieroor te skep nie. Vir ons is moedertaalonderrig ononderhandelbaar. Kyk ’n mens maar net om jou is daar soveel bewyse hiervan. Afrikaanssprekendes wat oor die jare op etlike gebiede sukses behaal het – in en deur Afrikaans. Ekonome, wetenskaplikes, vakkundiges, skrywers,  akteurs, musikante, sportlui en akademici – noem maar op … mense wat skouers skuur met hulle buitelandse eweknieë en hoog aangeskryf word. Om maar net enkeles uit ’n ellelange lys te noem – van hulle reeds oorlede: Japie van Zyl – een van die voorste NASA-ruimtewetenskaplikes en dryfveer agter etlike ruimteprojekte. Die hartchirurg dr Chris Barnard wat die wêreld se eerste mens-tot-mens hartoorplanting gedoen het. Die digter Adam Small wat ’n onmisbare nalatenskap aan Afrikaans nagelaat het. Die menseregteaktivis en bekende kampvegter vir Afrikaans, Danny Titus. En dan ook mense soos die akteur Arnold Vosloo wat groot naam as akteur in Amerika maak, die Olimpiese wêreldrekordhoueratleet Wayde van Niekerk, die skrywer Deon Meyer … en so meer. Almal verskilmakers uit eie reg.

“Afrikaans gaan nêrens”

Die skrywer Gaireyha Fredericks en die digter Lynthia Julius is maar twee Afrikaanssprekendes wat ’n passie vir Afrikaans en alles wat die taal kan bereik, het. Sê Fredericks: “As long as wat daa activists bestaan wat al die variasies van Afrikaans koester, sal Afrikaans se toekoms rooskleurig bly … wat ek wel versiekke wiet, is dat daar ’n verniewing van waardeering vir moedertong broei en oppie ground-level baie wêk gedoen wôd ommat die realization van validation nou ees rerag by Djan Alleman gedawn het.”

Na aanleiding van die jongste debat oor Afrikaans in universiteite, vertel Julius in ’n meningstuk op LitNET hoe woedend sy en haar suster destyds tussen die taaldebatte by Kovsies was. Hoe hulle heeltyd moes hoor hulle praat die taal van die onderdrukker – nie dat dit haar gestuit het nie. Maar sy sê ook dat sy nie meer kwaad is oor Afrikaans by universiteite nie, want “die waarheid is, Afrikaans gaan nêrens. Vat daai mense wat ’n taal op ander afdwing aan en moenie laat hulle maklik van dit af loskom nie … Ons het g’n rede om bekommerd te wees nie. Ons praat die taal, ons skryf in hom, hou feeste in hom … dit gaan nie oor die oorlewing van Afrikaans nie, want môre koop ons nog steeds Afrikaanse koerante … luister ek steeds Gert Vlok Nel … bid iemand steeds die Onse Vader in Afrikaans … ek kan jou belowe: Môre-aand om die braaivleisvuur praat Afrikaanssprekendes nie Engels nie en die gedigte wat ek die naweek gaan skryf, sal nie in Engels wees nie.”

“Ek is ’n bruin Afrikaanse man. Die grootste aantal mense wat Afrikaans praat, is bruin mense. Afrikaans word altyd die taal van die onderdrukker genoem. Ek en my ma was nooit onderdrukkers nie. Die taal is nie die onderdrukker nie. Die taal is verpolitiseer en moet gedepolitiseer word sodat dit weer gesien kan word as die taal van die mense.”
Danie van Wyk, voorsitter DAK Netwerk (op Netwerk24)

Inderdaad! Afrikaans is hier om te bly. Doen jouself ’n guns wanneer jy weer tussen ’n groot klomp mense is en luister wat sê hulle … hoe klink hulle. Hulle praat nie noodwendig Standaardafrikaans nie en dalk ook nie jóú Afrikaans nie, maar juis daarom weet ons dat Afrikaans steeds groei, aanpas en floreer in die mond van sy sprekers. Kom ons vier dit en hou nooit ophou skryf en praat aan die toekoms van Afrikaans nie. Dis in ons hande!

The post Afrikaans uitskuif? Watwou! appeared first on Afrikaans.com.

Gratis stories vir kinders

$
0
0

Afrikaans.com-skrywer Jana Snyman neem die jongspan op reis met karakters soos Gielie en Wikus. Vind ’n lekker leeshoekie en neem jou kind op ’n verbeeldingsvlug met leesgenot uit die boonste rakke! Laai Gielie kry sy brul en Wikus en die Willewragtag gratis af. Klik op onderstaande prentjies.

Lees
Klik hier vir meer gratis stories

The post Gratis stories vir kinders appeared first on Afrikaans.com.

Jaco Jacobs se 10 gunstelingboeke vir Afrikaanse kinders

$
0
0

Die bekroonde kinderboekskrywer, Jaco Jacobs, het op ‘n vorige geleentheid sy topboeke vir elke jong boekwurm met ons gedeel. Met  Internasionale Kinderboekdag wat vanjaar op 2 April herdenk word, het ons dit goedgedink om jou weer aan hierdie boeke te herinner. Van ou gunstelinge tot splinternuwe aanbiedings, het hierdie lysie iets vir jou en jou kind! Vier saam aan Internasionale Kinderboekdag deur jou gunstelingtitel aan te skaf.

Kinders-Pippie-langkous

Pippie Langkous – Astrid Lindgren

Pippie is nou wel van Sweedse afkoms, maar danksy Nerina Ferreira se briljante vertaalwerk het sy lankal ereburgerskap in Afrikaans gekry. Pippie se avonture is immergroen en vermaak al geslagte kinders. Hoe dan ook anders, as jou volle naam Pippalotta Provianda Rolgordyna Kruisementa Efraimsdogter Langkous is, en jou pa is ’n skeepskaptein wat koning van ’n mensvreter-eiland geword het, en jy het hope geld, ’n apie genaamd Meneer Jakobs – en jy is sterk genoeg om ’n perd op te tel!

Kinders-kleuterverseboek

Kleuterverseboek – D.J. Opperman

As daar een boek is wat ná jare steeds ongetwyfeld op elke Afrikaanse kind se boekrak hoort, is dit dié een. Ma, Pa, Oupa en Ouma moet sommer reeds wanneer die eerste pienkvoet op pad is by Opperman gaan kers opsteek sodat hulle kan seker maak die kleinspan maak kennis met van die bekendste Afrikaanse kinderverse. Geen Afrikaanse kind behoort groot te word sonder rympies soos “Karalie! Karool!”, “Trippe, trappe, trone” en “Wielie, wielie, walie” nie.

Kinders-Babalela

Babalela – Martie Preller (skrywer) en Andries en Erica Maritz (illustreerders)

Dié klein pers bosbewonertjie en sy maats het oor die jare diep in kinderharte ingekruip. Daar is iets bemagtigends aan die “Los my uit!”-refrein wat soos ’n goue draad deur al die stories in die reeks loop.

Kinders-Maroelaboom

Maroelaboomstories – Leon de Villiers

’n Lys soos dié sal nie volledig wees sonder ’n boek met lekker dierestories nie. Leon de Villiers is op sy beste wanneer hy oor diere van Afrika en die natuur skryf, en die prettige stories wat die trop bobbejane in Maroelaboomstories vir mekaar opdis, sal jong lesers se tone laat omkrul van lekkerkry.

Kinders-Liewe-Heksie

Liewe Heksie – Verna Vels

Liewe Heksie het uiteraard geen bekendstelling nodig nie. Wyle Verna Vels se uitgewers sorg daarvoor dat Heksie se stories steeds in verskillende uitgawes voortleef, sodat kinders van verskillende ouderdomme dit kan geniet.

Kinders-Lena

Lena se bottelboom – Wendy Maartens (teks) en Anna-Carien Goosen (illustrasies)

Een van die aangrypendste prenteboeke wat ooit in Afrikaans verskyn het, oor ’n dogtertjie wat met die verlies van haar ma moet leer saamleef. In bedrieglik eenvoudige, liriese taal geskryf deur Wendy Maartens, met lieflike illustrasies deur Anna-Carien Goosen.

Kinders-slym

Slym se stories – Fanie Viljoen

Dié reeks stories vir lesers wat pas self begin lees het, is kleurvol deur Fanie Viljoen self geïllustreer. Slym en sy vriende by die paddaskool sorg vir prettige vermaak propvol slymerige avonture.

Kinders-molletjie

Die storie van die molletjie wat wou weet wie op sy kop gedinges het – Werner Holzwarth (teks) en Wolf Erlbruch (illustrasies)

Dié boek is uit die oorspronklike Duits vertaal, maar danksy die feit dat die briljante Linda Rode die vertaling gedoen het, én omdat die storie so ’n briljante, bolliebesaaide speurverhaal-in-die-kleine is, verdien dit ’n plekkie op my lys.

Kinders-spookstories

Die beste Suid-Afrikaanse spookstories – Wendy Maartens

Ek is op die oomblik nogal in ’n nostalgiese bui, daarom het ek dié boek ook ingesluit. Spookstories is immers van die lekkerste leesstof waarop jy as kind jou hande kan lê, en elke Afrikaanse kind moet een of ander tyd kennis maak met die Heks van Hexrivier, die spook van Uniondale en ’n paar van C.J. Langenhoven se spookstories.

Kinders-malemeuleman

Mallemeuleman – Philip de Vos

Philip de Vos se pittige, klankryke verse vermaak reeds geslagte Afrikaanse kinders, en Mallemeuleman, ’n keur uit sy kinderverse en limerieke wat oor die jare verskyn het, is ’n boek vir oor en oor lees.

Vir meer oor Jaco Jacobs klik hier.

Lees ook:

Agt maniere om lees lekker en maklik te maak. Klik hier.

Jou biblioteek … daar waar boeke in jou oor fluister. Klik hier. 

Lees – die sleutel tot leersukses. Klik hier. 

Tien redes hoekom hardoplees vir jou kind werk. Klik hier.

Story Power – ’n gids om lees en skryf by jou skool te bevorder. Klik hier.  

Kom ons lees weer Afrikaans. Klik hier. 

Lekkerleesboekrak. Klik hier. 

The post Jaco Jacobs se 10 gunstelingboeke vir Afrikaanse kinders appeared first on Afrikaans.com.

Dink soos ’n miljardêr … híér is hoe!

$
0
0

Al wat Daniel Strauss, entrepreneur, waagkapitalis, en nou skrywer, ooit in die lewe wou hê, is geleenthede. As plaasseun op Keimoes, sou hy nooit kon raai dat die keerpunt in sy loopbaan sou kom toe ‘n Suid-Oos-Asiese besigheidsman hom onder sy vlerk geneem het om die a-b- c van waagkapitaal te leer nie. Nou, ’n hele paar jaar later, is Daniel self ‘n suksesvolle besigheidsman en mentor. In sy eerste boek, Dink soos ‘n miljardêr, hoop hy om dit wat hy deur die jare geleer het aan ander oor te dra.

Luister die eksklusiewe gesprek met Daniel en leer meer oor:

  • Wat dit beteken om bo-die-lyn te dink.
  • Watter boeke Daniel vir enige voornemende entrepreneur aanbeveel.
  • Wat hy beskou as die grootste geleenthede vir persone in Suid-Afrika wat tans reeds ‘n besigheid besit.
  • Wat nalatenskap vir hom beteken.

Volg vir Daniel op Instagram, klik hier.

Daniel Strauss

WEN ‘n koopbewys ter waarde van R500.00 saam met Afrikaans.com en Exclusive Books deur in te teken op ons nuusbrief. Klik hier.

Daniel Strauss (38) is ’n entrepreneur en waagkapitalis wat in klein- en mediumgrootte ondernemings belê om hulle te help om vinniger te groei. Hy is die Strauss in die beleggingsbeheermaatskappy, Stocks & Strauss, en het ’n B.Eng. (Bedryfsingenieurswese) en MBA aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. As MBA-gegradueerde, tree Daniel gereeld op as gasdosent vir die MBA- en ander universiteitstudente. Oor die jare het hy ook verskillende kursusse in plekke soos China, Singapoer, Maleisië en Indonesië bygewoon, wat hy as van onskatbare waarde beskryf. Dit is ook geen geheim dat hy mentorskap as ’n uiters belangrike deel van elke aspek van ’n persoon se lewe beskou nie.

The post Dink soos ’n miljardêr … híér is hoe! appeared first on Afrikaans.com.

Sol-Tech gee ons jong mense die regte voorsprong met wêreldklasopleiding

$
0
0

Skrywer: Annelie van Jaarsveldt

“Sol-Tech bemagtig ons jeug om binne Suid-Afrika welvaart vir hulleself en hulle gemeenskap te skep … Sol-Tech is daarom die wind onder die vlerke van ons jongmense.”
– Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit

Die eerste sooi is in September 2019 deur dr Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit,  gespit en op 26 Maart 2021 (so bietjie meer as ’n jaar later) is die nuwe Sol-Tech-kampus in Monumentpark amptelik geopen. Nie net is die bouwerk vroeër afgehandel as beplan nie, maar daar is tot dusver ook minder geld as waarvoor begroot is, spandeer.  Dr Hermann het destyds die kampus  “’n lewende monument van hoop” genoem – ’n projek wat met groot sukses uitgevoer is.  Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, en ’n groot dryfveer agter die totstandkoming van Sol-Tech, skryf op ’n keer dat die “onmoontlike moontlik is” en “ons kan as ons wil en as ons net begin en aanhou en volhou – al is dit nie altyd maklik nie – Sol-Tech is die bewys dat selfhelp regtig help!”

“Baie bietjies maak baie!”

Elke baksteen wat gelê is, is deur die gemeenskap gefinansier (Solidariteitslede dra maandeliks R10 tot ’n boufonds by) en daarom is dié wêreldgehalte kollege ’n toonbeeld van wat vermag kan word as ’n gemeenskap saamstaan en self werk maak van ’n projek.  “Elkeen moet doen wat hy kan, maar doen net iets.” Aldus Flip Buys.

Die eerste studente het reeds in  Februarie 2021 by die nuwe kampus begin. Die volgende projek wat nou voorlê, is die bou van ’n 400-bed-koshuis.

Maar hoekom ’n instelling soos Sol-Tech?

Sê Flip Buys:  “Beroepsopleiding is belangrik. Meer as tweederdes van ons Afrikaanssprekende studente gaan nie universiteit toe nie. Dit is vir hierdie jongmense wat ons voorsiening moet maak – om beroepsopleiding binne die breë spektrum van beroepe te ontvang. Afgesien daarvan dat daar ongeveer 300 beroepskolleges in Suid-Afrika is, met 800 kampusse, is daar nie een ander Afrikaanse kollege nie. So ook is opleidingsgeleenthede vir ons jongmense skaars weens die wette van die land. En dit is die behoefte en leemte wat deur ‘n instelling soos Sol-Tech gevul kan word.”

Opleiding bly die beste belegging

Daar is tans ’n nasionale tekort aan gekwalifiseerde ambagsmanne in Suid-Afrika. Trouens, ons lei tans minder ambagsmanne op as in die 1980’s.  Tegniese opleiding is ook baie duur, maar bly steeds die beste belegging wat ’n mens in jou toekoms kan maak. Daarom is ’n privaat, geakkrediteerde en wêreldgehalte instelling soos Sol-Tech – met Afrikaans as onderrigmedium – nie net broodnodig nie, maar ononderhandelbaar.

Net ’n paar redes hoekom Sol-Tech werk

  • Opleiding geskied in die student se moedertaal, wat leer vergemaklik.
  • Sol-Tech se studente slaag die nasionale vaktoetseksamens met ’n gemiddelde slaagsyfer van 96%.
  • 57% van Sol-Tech se gekwalifiseerde ambagsmanne het reeds werk na afloop van hulle opleiding en die res word binne ses maande in diens geneem.
  • Meer as 20% van Sol-Tech se gekwalifiseerde ambagsmanne begin hul eie ondernemings.
  • Die fokus is suiwer op doel-spesifieke opleiding wat tot die verwerwing van ’n nasionaal erkende en bruikbare kwalifikasie lei.
  • Die fondasie wat by Sol-Tech gelê word stel studente in staat om verder in tegniese beroepsrigtings te studeer.
  • Die persoonlike ontwikkeling van studente –soos leierskap – word ook as belangrik beskou.
  • Lenings wat deur die Helpende Hand Studiefonds bestuur word, word rentevry aan studente toegeken. In 2021 sal daar bykans R50 miljoen vir verdienstelike studente beskikbaar gestel word. (Dit kos ongeveer R150 000 om een ambagsman op te lei.)

Video-regte: kykNET

Voltydse opleiding

Opleiding geskied in drie fases: teoretiese opleiding, praktiese werkwinkelopleiding en indiensopleiding by goedgekeurde werkgewers.

Dit word opgevolg met eksterne vaktoetsvoorbereiding en daarna ’n finale kwalifiserende toets by ’n geakkrediteerde toetssentrum.

Leerprogramme wat tans aangebied word:

Dieselwertuigkundige, elektries, gereedskapmaker, meulmaker, pas-en-draai, sweis, trekkerwerktuigkundige en outo-elektries.

Opedae

Daar is vier innames per jaar en voornemende studente moet een van die opedae bywoon , asook ’n keuringstoets aflê.

Die volgende opedae by Sol-Tech vind op 5 Junie en 4 September plaas. (Gaan lees gerus meer op Sol-Tech se webtuiste: Toelatingsvereistes – keuringstoets.)

Nasionale Ambagsdag

Die Solidariteit Ambagsgilde het tydens die opening aangekondig dat 26 Maart voortaan as Nasionale Ambagsdag bekend sal staan. Op dié dag sal die gilde sy jaarlikse “Jou Yster”-toekenning maak aan die ambagsman wat ‘n besondere bydrae in die ambagsbedryf gemaak het. Die eerste toekenning is dan ook tydens die opening aan Leon van Wyk, bestuurder tegniese dienste en lektor by Sol-Tech, gemaak.

The post Sol-Tech gee ons jong mense die regte voorsprong met wêreldklasopleiding appeared first on Afrikaans.com.

Skilder met woorde – Híér is die top-20

$
0
0

Afrikaans.com het vanjaar hande geneem met die bekende musikant Anton Goosen en kunstenaar Elsie Jooste vir die eerste Skilder met woorde-kompetisie waarin ons skoolleerders aangemoedig het om een van Anton se liedjies te skilder.

Die aantal inskrywings was oorweldigend en ons is trots om vandag die top-20 met julle te deel! Die top-10 sal op Dinsdag, 13 April, aangekondig word. Elke top-10-finalis sal wegstap met ’n R500-kontantprys. Op Woensdag, 14 April, sal die top-5 bekendgemaak word wat elk ’n kontantprys van R1000 sal ontvang. Die algehele Skilder met woorde-wenner sal op 16 April aangekondig word. Die algehele wenner stap weg met ’n kontantprys van R2000 en die betrokke skool waarin die leerder is, sal ’n verdere R10 000 ontvang.

Maar dis nie al nie… ons was so beïndruk met vanjaar se inskrywings dat Afrikaans.com dit goedgedink het om ’n verdere twee pryse weg te gee. Hierdie pryse sal ook op Vrydag, 16 April, aangekondig word. Hou Afrikaans.com se sosialemediabladsye en webtuiste dop vir die aankondiging van die finaliste en wenners.

Graag wil ons dankie sê aan elke leerder wat hul liefde vir Afrikaans met die kwas gewys het en vanjaar deelgeneem het. Die beoordeling van hierdie kompetisie word onafhanklik deur Elsie Jooste en Anton Goosen gedoen.

Baie geluk aan die volgende leerders wat deel van die top-20 is (in geen spesifieke volgorde nie). Hierdie inskrywings bestaan uit hoërskool- en laerskoolleerders.

Let wel dat elke inskrywing benader is op grond van die ouderdomskategorie waarin die leerder val en daarom beoordeel is op grond van wat van ’n leerder op daardie ouderdom verwag word.

Elke leerder sal na afloop van die kompetisie ’n sertifikaat van deelname ontvang.

Skilder met woorde

Tehilla Meyer – Gr 7 – Victory Christian School – Trompie

Skilder met woorde

Qian Henning – Gr 4 – Laerskool Kollegepark – Jantjie

Skilder met woorde

Elena Lombaard – Gr 4 – Laerskool Vredendal – Harlekyn

Skilder met woorde

Mia Pretorius – Gr 7 – Marble Hall Laerskool – Harlekyn

Skilder met woorde

Soned van den Berg – Gr 11 – Windhoek Afrikaanse Privaatskool – Umfaan

Skilder met woorde

Kabous de Wet – 17 jaar oud – Hoërskool Ben Viljoen – UMFAAN

Skilder met woorde

Dané Jansen – 11 jaar oud – Laerskool Vastrap – Harlekyn

Skilder met woorde

Zoe Viljoen – Gr 4 – Durbanville Laerskool – Harlekyn

Skilder met woorde

Daniel Richter – 13 jaar oud – Grey Hoërskool – Harlekyn

Skilder met woorde

Marisa Steynberg – 16 jaar oud – Steynbergtuisskool – Straattroebadoere

Skilder met woorde

Mariska van den Berg – 16 jaar oud – Hoërskool Dinamika – Harlekyn

Skilder met woorde

Nika Oosthuizen – 9 jaar oud – Laerskool Volskenck – Straattroebadoere

Skilder met woorde

Ashton Fick – Gr 9 – CVO Vivo – Hanoverstraat

Skilder met woorde

Lené Jacobs – 14 jaar oud – Jim Fouché Hoërskool – Harlekyn 1

Skilder met woorde

Samantha Kotze – 11 jaar oud – Deutsche Schule Kroondal Rustenburg – Hanoverstraat

Skilder met woorde

Deacon Dirks – Gr 12 Schoonspruit Sekondêr – Trompie

Skilder met woorde

Ella van der Merwe – Gr 3 Laerskool Selection Park – Hanoverstraat

Skilder met woorde

Alouise Vosloo – Gr 8 – My Stellenbosse Nonnatjie – Hoërskool Framesby

Skilder met woorde

Lynn-Mari Jansen – 15 jaar oud – Hoërskool Rustenburg – Trompie

Skilder met woorde

Thieda du Preez – Gr 8 – Hoërskool Vredenburg – Jantjie

The post Skilder met woorde – Híér is die top-20 appeared first on Afrikaans.com.

Skilder met woorde – Híér is die top-10

$
0
0

Afrikaans.com het vanjaar hande geneem met die bekende musikant Anton Goosen en kunstenaar Elsie Jooste vir die eerste Skilder met woorde-kompetisie waarin ons skoolleerders aangemoedig het om een van Anton se liedjies te skilder.

Die aantal inskrywings was oorweldigend en ons is trots om vandag die top-10 met julle te deel! Elke top-10-finalis sal wegstap met ’n R500-kontantprys. Op Woensdag, 14 April, sal die top-5 bekendgemaak word wat elk ’n kontantprys van R1000 sal ontvang. Die algehele Skilder met woorde-wenner sal op 16 April aangekondig word. Die algehele wenner stap weg met ’n kontantprys van R2000 en die betrokke skool waarin die leerder is, sal ’n verdere R10 000 ontvang.

Maar dis nie al nie… ons was so beïndruk met vanjaar se inskrywings dat Afrikaans.com dit goedgedink het om ’n verdere twee pryse weg te gee. Hierdie pryse sal ook op Vrydag, 16 April, aangekondig word. Hou Afrikaans.com se sosialemediabladsye en webtuiste dop vir die aankondiging van die finaliste en wenners.

Graag wil ons dankie sê aan elke leerder wat hul liefde vir Afrikaans met die kwas gewys het en vanjaar deelgeneem het. Die beoordeling van hierdie kompetisie word onafhanklik deur Elsie Jooste en Anton Goosen gedoen.

Baie geluk aan die volgende leerders wat deel van die top-10 is (in geen spesifieke volgorde nie). Hierdie inskrywings bestaan uit hoërskool- en laerskoolleerders.

Let wel dat elke inskrywing benader is op grond van die ouderdomskategorie waarin die leerder val en daarom beoordeel is op grond van wat van ’n leerder op daardie ouderdom verwag word.

Elke leerder sal na afloop van die kompetisie ’n sertifikaat van deelname ontvang.

Skilder met woorde

Tehilla Meyer – Gr 7 – Victory Christian School – Trompie

Skilder met woorde

Dané Jansen – 11 jaar oud – Laerskool Vastrap – Harlekyn

Skilder met woorde

Marisa Steynberg – 16 jaar oud – Steynbergtuisskool – Straattroebadoere

Skilder met woorde

Nika Oosthuizen – 9 jaar oud – Laerskool Volskenck – Straattroebadoere

Skilder met woorde

Ashton Fick – Gr 9 – CVO Vivo – Hanoverstraat

Skilder met woorde

Lené Jacobs – 14 jaar oud – Jim Fouché Hoërskool – Harlekyn 1

Skilder met woorde

Samantha Kotze – 11 jaar oud – Deutsche Schule Kroondal Rustenburg – Hanoverstraat

Skilder met woorde

Alouise Vosloo – Gr 8 – My Stellenbosse Nonnatjie – Hoërskool Framesby

Skilder met woorde

Lynn-Mari Jansen – 15 jaar oud – Hoërskool Rustenburg – Trompie

Skilder met woorde

Thieda du Preez – Gr 8 – Hoërskool Vredenburg – Jantjie

Kyk hier na die Top-20!

The post Skilder met woorde – Híér is die top-10 appeared first on Afrikaans.com.


Skilder met woorde – Híér is die top-5

$
0
0

Afrikaans.com het vanjaar hande geneem met die bekende musikant Anton Goosen en kunstenaar Elsie Jooste vir die eerste Skilder met woorde-kompetisie waarin ons skoolleerders aangemoedig het om een van Anton se liedjies te skilder.

Die aantal inskrywings was oorweldigend en ons is trots om vandag die top-5 met julle te deel! Elke top-5-finalis sal wegstap met ’n kontantprys van R1000. Die algehele Skilder met woorde-wenner sal op 16 April aangekondig word. Die algehele wenner stap weg met ’n kontantprys van R2000 en die betrokke skool waarin die leerder is of instansie waardeur die leerder leer, sal ’n verdere R10 000 ontvang.

Maar dis nie al nie… ons was so beïndruk met vanjaar se inskrywings dat Afrikaans.com dit goedgedink het om ’n verdere twee pryse weg te gee. Hierdie pryse sal ook op Vrydag, 16 April, aangekondig word. Hou Afrikaans.com se sosialemediabladsye en webtuiste dop vir die aankondiging van die finaliste en wenners.

Graag wil ons dankie sê aan elke leerder wat hul liefde vir Afrikaans met die kwas gewys het en vanjaar deelgeneem het. Die beoordeling van hierdie kompetisie word onafhanklik deur Elsie Jooste en Anton Goosen gedoen.

Baie geluk aan die volgende leerders wat deel van die top-5 is (in geen spesifieke volgorde nie). Hierdie inskrywings bestaan uit hoërskool- en laerskoolleerders.

Let wel dat elke inskrywing benader is op grond van die ouderdomskategorie waarin die leerder val en daarom beoordeel is op grond van wat van ’n leerder op daardie ouderdom verwag word.

Elke leerder sal na afloop van die kompetisie ’n sertifikaat van deelname ontvang.

Skilder met woorde

Tehilla Meyer – Gr 7 – Victory Christian School – Trompie

Skilder met woorde

Nika Oosthuizen – 9 jaar oud – Laerskool Volskenck – Straattroebadoere

Skilder met woorde

Ashton Fick – Gr 9 – CVO Vivo – Hanoverstraat

Skilder met woorde

Dané Jansen – 11 jaar oud – Laerskool Vastrap – Harlekyn

Skilder met woorde

Marisa Steynberg – 16 jaar oud – Steynbergtuisskool – Straattroebadoere

Kyk hier na die Top-10!
Kyk hier na die Top-20!

The post Skilder met woorde – Híér is die top-5 appeared first on Afrikaans.com.

PappaChef en bekendes kattemaai en kook in die kombuis!

$
0
0

Klik hier vir Episode 1

Resep: Wildsvleisburgers.

Legende: Sandra Jacobs.

PappaChef

Klik hier vir Episode 2

Resep: Varklies.

Legende: Marius Bakkes.

PappaChef

Klik hier vir Episode 3

Resep: Wildsvleisfilet in kerriebottersous

Legende: Robin Jansma.

PappaChef

Kyk hier na Episode 4

Resep: Gerookte varkboud.

Legende: Sonja Herholdt.

Kyk hier na Episode 5

Resep: Poki-ball.

Legende: Germandt Geldenhuys.

Kyk hier na Episode 6

Resep: Hoender met polenta-papballe.

Legende: Rooibaard. (Jacques Viljoen)

Kyk hier na Episode 7

Resep: Frikkadel-eenpotwonder.

Gaste: Ruan Josh en Gielie Hoffmann

Episode 8

Resep: Vegetariese breyani met ’n jogurtsous en sambals.

Legende: John Rock Prophet

Episode 9

Resep: Meksikaanse hoenderburrito, “street food’’-styl

Legende: Albert van Wyk en Tiffany Tate

Episode 10

Resep: Varkfilet met ’n sampioenrisotto en rooiwynjus

Legendes: Ichnus Wait  en Wynie Strydom

“’n Kookprogram met ’n verskil. PappaChef sit ’n kinkel in die konvensionele kookprogram.”

 Grense word verskuif in hierdie Afrikaanse multimediavertoning wanneer radio en sosiale media saamspan. Van die grootste name in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf sluit elke week by Pieter Malan, bekende sjef en kospersoonlikheid van KykNET se Kokkedoor-faam, aan vir ’n kookervaring soos min.

Die volgende twee maande gaan verskeie dorpe getrakteer word op dié kookprogram met ’n verskil. Die PappaChef-toer, in samewerking met Afrikaans.com, sit ’n kinkel in konvensionele kookprogramme  wanneer Pieter sy voorskoot vasmaak en sy potte en panne uithaal om saam met bekendes te klets en te kook.

Lek jou lippe af vir dubbele lekkerte!

Vir die eerste keer word radio en sosiale media saam ingespan en kan duisende luisteraars inskakel op hulle plaaslike radiostasie om na die manewales van hulle geliefde bekendes in die kombuis te luister. Die volledige video van die kosmakery kan ook op Afrikaans.com se webtuiste gekyk word – dus dubbele lekkerte om na uit te sien. Hou gerus die sosialemediablaaie dop om op hoogte te bly van gebeure in die PappaChef-kombuis. Tydens elke program, gaan daar gekook, gesels en gelag word … kosstories en geheime gedeel word … kortom, luisteraars en kykers gaan ’n heel ander kant van hulle geliefde bekendes ervaar en sommer ’n nuwe resep ook leer.

Op die spyskaart:

  • Daar is agt episodes wat weekliks vanaf 19 Oktober tot 7 Desember 2020 op 21 plaaslike radiostasies uitgesaai word.
  • Die programme is opgeneem voor ’n lewendige gehoor en word op Afrikaans.com se webtuiste gehuisves sodat mense agterna daarna kan gaan kyk.
  • Verskeie gaste en plaaslike legendes neem deel.
  • Daar sal elke week ook ’n insetsel wees wat fokus op toerismeaantreklikhede van die dorp wat besoek word.
  • Elke episode word afgesluit met musiek deur die PappaChef-orkes, Havanna.
  • Die aanbieder van die program is Pieter Malan, alias PappaChef en die kreatiewe regisseur is die akteur Francois Jacobs.
  • Elke week se resep word op Afrikaans.com geplaas (klik op die blokkie hieronder).
  • Elke week word daar ook ’n toekenning gemaak aan ’n plaaslike legende – iemand wat in en vir Afrikaans ’n bydrae maak. Hou gerus Afrikaans.com dop om meer van die legendes te wete te kom.
  • Hierdie toer is ’n verlenging van die aanlyn PappaChef-programme waar bekendes soos Kurt Darren, Fatman, Nicholas Louw, Manie Jackson, Rubber DUC, Posduif, Hannes van der Walt en Pierre Nel, hul vernuftigheid agter die kospotte gewys het.

PappaChef-kombuis word moontlik gemaak deur B-well.

Lusmaker vir program

In die eerste episode ontmoet ons die akteur en musikant Altus Theart wanneer hy saam met Pieter wildsburgers maak. Die plaaslike onderneming waarop daar vandeesweek gefokus word, is Chippos – Jaco Dos Santos. Ontmoet die span hieronder en hou ons webtuiste dop vir episode 1!

Meer oor Pieter Malan

PappaChef - Pieter Malan

Pieter het bekendheid as sjef verwerf toe hy in 2019 aan die gewilde werklikheidsreeks, Kokkedoor op KykNET deelgeneem het en uiteindelik een van die top-3-deelnemers was. Deesdae is hierdie besige pa en eggenoot ook ’n seremoniemeester, motiveringspreker, radioaanbieder, professionele lid van die Suid-Afrikaanse Sjefvereniging, ’n geakkrediteerde SA Sjef-beoordelaar en ’n ontvanger van die gesogte Eat-Out-toekenning. Behoorlik ’n mondvol!

Pieter het al opgetree by bekende feeste, soos Aardklop, die Pretoria-fees en die Pekan-fees. In 2019 is hy ook tydens Aardklop deur die plaaslike radiostasie, Overvaal Stereo, as die mees inspirerende ikoon by die fees vereer.

Radiostasies 

Skakel in op die volgende plaaslike radiostasies as jy wil deel in PappaChef se kombuisklets en -kook. Diegene wat oorsee woon, kan ook aanlyn inskakel en luister.

The post PappaChef en bekendes kattemaai en kook in die kombuis! appeared first on Afrikaans.com.

En die Skilder met woorde-wenner is…

$
0
0

Na maande se swoeg en sweet het die tyd uiteindelik aangebreek om die wenner van die Afrikaans.com- Skilder met woorde-kompetisie aan te kondig. Afrikaans.com het vanjaar hande geneem met die bekende musikant Anton Goosen en die kunstenaar Elsie Jooste vir die eerste Skilder met woorde-kompetisie waarin ons skoolleerders aangemoedig het om een van Anton se liedjies in ’n kunswerk te omskep.

Die aantal inskrywings was oorweldigend, met kunswerke wat van wyd en syd oor die land ingestroom het. Nie net was dit ’n bewys van die ongelooflike talent van ons land se jong kunstenaars nie, maar ook van die groot liefde wat daar vir die taal is.

Elsie sê die standaard van die Afrikaans.com- Skilder met woorde-kompetisie was ongelooflik hoog, wat die uiteindelike keuse van ’n wenner baie moeilik gemaak het.

“Die standaard was baie hoog en daarom was dit ’n uitdaging om die wenner te kies. Ons het gaan kyk na die uitbeelding van die woorde en hoe dit in ’n storie omskep word. Dan het ons ook gaan kyk na die medium, die tegniek en uitvoering daarvan in elke ouderdomsgroep.”

Dit is met trots dat Afrikaans.com die algehele wenner van vanjaar se Afrikaans.com- Skilder met woorde-kompetisie aankondig.

Baie geluk aan Marisa Steynberg!

Skilder met woorde

Marisa Steynberg – 16 jaar oud – Steynbergtuisskool – Straattroebadoere

Marisa se kunswerk is geïnspireer deur Anton Goosen se liedjie Straattroebadoere en sy het van akrielverf gebruik gemaak in die skeppingsproses.

Marisa stap weg met ’n R2000-kontantprys en ’n verdere R10 000 wat as ’n skenking weggegee sal word.

Volgens Elsie het Marisa se kunswerk onmiddellik haar en Anton se aandag vasgevang. “Elke woord in die liedjie het sin gemaak en die emosie is omskep in ’n uitstekende kunswerk wat spreek van gehalte en vakmanskap. Haar tegniek is iets besonders. Haar kleurgebruik vorm deel van die emosie en die figure in die skildery kom sterk na vore en vorm deel van die fokuspunt. Sy het beslis haar beplanning van die skildery deurdink voordat sy die kwas gebruik het. Sy is voorwaar ’n uitstaande wenner. Mag sy net nooit haar kwas neersit nie.”

Graag wens ons ook die volgende leerders geluk vir hul posisies in die tweede en derde plek van die Skilder met woorde-kompetisie:

Tweede plek: Ashton Fick

Skilder met woorde

Ashton Fick – Gr 9 – CVO Vivo – Hanoverstraat

Derde plek: Tehilla Meyer 

Skilder met woorde

Tehilla Meyer – Gr 7 – Victory Christian School – Trompie

Maar, die opwinding van die kompetisie stop nie hier nie. Ons was so beïndruk met vanjaar se inskrywings dat Afrikaans.com dit goedgedink het om ’n verdere twee pryse weg te gee. Die laerskoolkunstenaars het nie vanjaar teruggestaan nie en het ook besonderse kunswerke opgelewer.

Afrikaans.com is daarom trots om ’n spesiale prys vir ’n grondslag- en intermediêre fase-leerder wat uitsonderlike talent getoon het, aan te kondig. Baie geluk aan van die volgende leerders wat elk ’n kontantprys van R500 ontvang. Die skole waarin die betrokke leerders is, sal ook elk ’n R1000-kontantprys ontvang.

Grondslagfase-wenner:
Nika Oosthuizen 

Skilder met woorde

Nika Oosthuizen – 9 jaar oud – Laerskool Volskenck – Straattroebadoere

Intermediêre fase-wenner:
Dané Jansen

Skilder met woorde

Dané Jansen – 11 jaar oud – Laerskool Vastrap – Harlekyn

Skeppende kunste is belangrik…

Elsie is uiters passievol oor skeppende kunste in skole en meen dit is ’n behoefte waarvoor sy op die hoogste vlak baklei.

“Ek het al sover gegaan as om navorsing in Amerika te gaan doen vir my meestersgraad om sodoende te gaan kyk hoekom leerders daar soveel meer sukses behaal in vergelyking met Suid-Afrika. [In Amerika] word so baie klem gelê op die kunste en leerders word op ’n gereelde basis getoets vir vakkeuses. Daarom is ek besig met die Wes-Kaapse Onderwysdepartement vir fondse om breintoetse verpligtend te maak in graad nege en graad elf. Leerders, veral in die kunste, word in verkeerde rigtings gestuur en daarom gee hulle moed op en val uit. Hierdie kompetisie het weereens vir my die behoefte aan skeppende kunste beklemtoon en ek en Anton is regtig baie dankbaar dat ons só baie kinders en ook hul ouers kon betrek om skeppend na Afrikaans te kyk.”

Afrikaans.com, Elsie en Anton wil graag dankie sê aan elke leerder wat hul liefde vir Afrikaans met die kwas gewys het en vanjaar deelgeneem het.

Die beoordeling van hierdie kompetisie is onafhanklik deur Elsie Jooste en Anton Goosen gedoen.

Let wel dat elke inskrywing benader is op grond van die ouderdomskategorie waarin die leerder val en daarom beoordeel is op grond van wat van ’n leerder op daardie ouderdom verwag word.

Elke leerder sal na afloop van die kompetisie ’n sertifikaat van deelname ontvang.

Kyk hier na die Top-5!
Kyk hier na die Top-10!
Kyk hier na die Top-20!

The post En die Skilder met woorde-wenner is… appeared first on Afrikaans.com.

Afrikaans.com-Skilder met woorde-kompetisie bied ‘kreatiewe uitlaatklep’

$
0
0

Afrikaans.com-Skilder met woorde-kompetisie bied ‘kreatiewe uitlaatklep’

Afrikaans.com het vanjaar hande geneem met die bekende musikant Anton Goosen en die kunstenaar Elsie Jooste vir die eerste Skilder met woorde-kompetisie. Anton vermaak reeds dekades lank musiekliefhebbers met sy unieke liedjies en word tereg beskou as die vader van Afrikaanse musiek. Met hierdie kompetisie is skoolleerders aangemoedig om een van Anton se liedjies te skilder. Die lang wag het verlede week tot ’n einde gekom met die aankondiging van die wenner van die kompetisie, Marisa Steynberg.

Die idee vir Skilder met Woorde het ontstaan by ’n gedagte van Ollie Viljoen. Terwyl Elsie en Ollie na een van Anton se liedjies geluister het, het hy genoem dat hy met elke liedjie ’n prentjie sien. “Dit is dan so skilderbaar”, het hy gesê. Elsie het daar en dan besluit om liedjies te kies vanaf 1976 (Jantjie) tot en met die nuutste album (2019) en dit op kitare te skilder. Die idee met die Skilder met woorde-kompetisie was om leerders ook die geleentheid te gee om kreatief na die liedjies te luister en dit te verbeeld. Afrikaans.com het besluit om agt van sy vroeëre liedjies aan die leerders voor te lê om kreatief uit te beeld.

Die aantal inskrywings was oorweldigend, met kunswerke wat van wyd en syd oor die land ingestroom het. Nie net was dit ’n bewys van die ongelooflike talent van ons land se jong kunstenaars nie, maar ook van die groot liefde wat daar vir die taal is. Anton meen hy is verstom oor die deelname. “Wat ’n wonderlike verrassing om so baie inskrywings te ontvang. Elke kunswerk is so uniek en spesiaal. Ek is omtrent nederig beïndruk en dankbaar vir die deelname. Dit verstom my elke keer hoe nuwe generasies kan identifiseer met liedjies wat dekades voor hulle bestaan geskep is. Deur die oë van ’n kind – inderdaad so verfrissend om te sien hoe hulle die liedjies geïnterpreteer en uitgebeeld het.”

Anton meen dat kompetisies soos hierdie aan jongmense ’n “kreatiewe uitlaatklep” en geleenthede bied wat nie noodwendig andersins oor hulle pad sou kom nie. “Miskien spoor dit kreatiewe jongmense aan om hulle drome uit te leef,” sê hy.

Elsie sê die standaard van die Afrikaans.com- Skilder met woorde-kompetisie was ongelooflik hoog, wat die kies van ’n wenner baie moeilik gemaak het.

“Die standaard was baie hoog en sodoende ’n uitdaging om die wenner te kies. Ons het gaan kyk na die uitbeelding van die woorde en hoe dit in ’n storie omskep word. Dan het ons ook gaan kyk na die medium, die tegniek en uitvoering daarvan in elke ouderdomsgroep.”

Die kompetisiewenner, Marisa, se kunswerk is geïnspireer deur Anton Goosen se liedjie Straattroebadoere en sy het van akrielverf gebruik gemaak in die skeppingsproses. Marisa het weggestap met ’n R2000-kontantprys en ’n verdere R10 000 wat as ’n skenking weggegee sal word.

Marisa Steynberg – 16 jaar oud – Steynbergtuisskool – Straattroebadoere

Graag wens ons ook die volgende leerders geluk vir hul posisies in die tweede en derde plek van die Skilder met woorde-kompetisie:

Tweede plek: Ashton Fick

Ashton Fick – Gr 9 – CVO Vivo – Hanoverstraat

Derde plek: Tehilla Meyer

Tehilla Meyer – Gr 7 – Victory Christian School – Trompie

Anton meen die kunswerk het onmiddellik sy en Elsie se aandag getrek. “Marisa Steynberg se uitbeelding van Straattroebadoere het onmiddellik uitgestaan. Haar kunswerk verpersoonlik die liriek en gevoel van die liedjie sonder dat woorde nodig is.” Elsie stem heelhartig saam. “Elke woord in die liedjie het sin gemaak en die emosie is omskep in ’n uitstekende kunswerk wat spreek van gehalte en vakmanskap,” meen sy. “Haar tegniek is iets besonders. Haar kleurgebruik vorm deel van die emosie en die figure in die skildery kom sterk na vore en vorm deel van die fokuspunt. Sy het beslis haar beplanning van die skildery deurdink voordat sy die kwas gebruik het. Sy is voorwaar ’n uitstaande wenner. Mag sy net nooit haar kwas neersit nie.”

Maar, die opwinding van die kompetisie het nie daar gestop nie … ons was so beïndruk met vanjaar se inskrywings dat Afrikaans.com dit goedgedink het om ’n verdere twee pryse weg te gee. Die laerskoolkunstenaars het nie vanjaar teruggestaan nie en het ook besonderse kunswerke opgelewer.

Afrikaans.com was daarom trots om ’n spesiale prys vir ’n grondslag- en ’n intermediêre fase-leerder wat uitsonderlike talent getoon het, aan te kondig. Elk van die leerders het weggestap met ’n R500-kontantprys en die skole waarin die betrokke leerders is, sal ook elk ’n R1000-kontantprys ontvang:

Grondslagfase-wenner:  Nika Oosthuizen – 9 jaar oud – Laerskool Volskenck – Straattroebadoere

Intermediêre fase-wenner: Dané Jansen – 11 jaar oud – Laerskool Vastrap – Harlekyn

Skeppende kunste is belangrik…

Elsie is uiters passievol oor skeppende kunste in skole en meen dit is ’n behoefte waarvoor sy op die hoogste vlak baklei.

“Ek het al sover gegaan as om navorsing in Amerika te gaan doen vir my meestersgraad om sodoende te gaan kyk hoekom leerders daar soveel meer sukses behaal in vergelyking met Suid-Afrika. [In Amerika] word so baie klem gelê op die kunste en leerders word op ’n gereelde basis getoets vir vakkeuses. Daarom is ek besig met die Wes-Kaapse Onderwysdepartement vir fondse om breintoetse verpligtend te maak in graad nege en graad elf. Leerders, veral in die kunste, word in verkeerde rigtings gestuur en daarom gee hulle moed op en val uit. Hierdie kompetisie het weereens vir my die behoefte aan skeppende kunste beklemtoon en ek en Anton is regtig baie dankbaar dat ons só baie kinders en ook hul ouers kon betrek om skeppend na Afrikaans te kyk.”

 

Anton, Elsie en Afrikaans.com wil graag dankie sê aan elke leerder wat hul liefde vir Afrikaans met die kwas gewys het en vanjaar deelgeneem het. Die beoordeling van hierdie kompetisie is onafhanklik deur Elsie Jooste en Anton Goosen gedoen.

Let wel dat elke inskrywing benader is op grond van die ouderdomskategorie waarin die leerder val en daarom beoordeel is op grond van wat van ’n leerder op daardie ouderdom verwag word.

Elke leerder sal na afloop van die kompetisie ’n sertifikaat van deelname ontvang.

The post Afrikaans.com-Skilder met woorde-kompetisie bied ‘kreatiewe uitlaatklep’ appeared first on Afrikaans.com.

Dean Balie blaas nuwe lewe in Adam Small se woorde

$
0
0

Skrywer: Nicolette van Schalkwyk

 

Die teaterproduksie Die poet, wie’s hy? het vanjaar skoonskip by die Fiëstas gemaak deur met vyf toekennings weg te stap waaronder die beste algehele produksie, musiekgedrewe produksie, nuutgeskepte Afrikaanse teks, beste regie en beste teaterontwerp. Hierdie bekroonde produksie is saamgestel deur Frieda van den Heever en Dean Balie en vervaardig deur De Klerk Oelofse. Dean, ook bekend vir sy rol in David Kramer se Kat and the Kings, is geprys vir sy meesterlike spel as vertolker en storieverteller in Die poet, wie’s hy?

Dean Balie

Foto regs (twitter): Dean Balie en Tracey Lange

Afrikaans.com het met Dean gesels om meer uit te vind oor sy liefde vir teater, sy rol in Die poet, wie’s hy? en “Oom Adam” se werke. Die poet, wie’s hy? is ’n ikoniese reis deur die werk en lewe van die digter Adam Small.

Deur Small se werke te kombineer met onkonvensionele klanke, word daar nuwe lewe in dié legende se woorde geblaas.

Dean staan in dankbaarheid vir die lof wat die produksie tans ontvang. “Dit is altyd wonderlik om erkenning vir jou werk te kry,” sê hy. “Ons as ’n span is verskriklik trots en staan nederig in diens van die uitvoerende kunste. Die produksie het die passie en dissipline van almal betrokke geverg. Ek was geseënd om ’n kreatiewe span te hê wat net so sterk oor Oom Adam se boodskap voel soos ek. Die toekennings is ’n refleksie van die werk wat ons gedoen het en nog gaan doen. Ek is dankbaar vir die eer en dit is motivering om nog beter werk te skep.”

Volgens Dean het die idee vir die produksie voortgespruit uit ’n Kersprogram van RSG waarby die ontslape Margot Luyt hom in 2012 betrek het. “Sy het my na die sessie laat dink dat ’n produksie van Adam Small se verse en my musikale benadering goed kan werk. Ek is haar verewig dankbaar.”

Dean se eie agtergrond van musiek sluit in Namakwalandse klanke asook die tradisionele ‘khoi’-klanke. “Ek wou die twee wêrelde met mekaar saamsmelt om onder die vers te sit en die betekenis beter oor te dra.

Dit was vir my belangrik dat die klank nooit steur nie, maar altyd bydra. Van dag een af het ons besluit dat dit Small se woorde is wat die ster van ons show sal wees.

In die ontwikkelingsfase het ons jam sessions gehad en almal het geweet ons loop nou op heilige grond en dat ons besig is met werk wat nog nooit so voorgestel is nie. Elke kap op ’n blikkie, of blaas van ’n fluitjie was net so belangrik soos die stram van ’n kitaar.”

Balie meen die trefkrag van Small se werk lê in die feit dat hy nie noodwendig geskryf het soos wat mense lees nie, maar liewer soos hulle praat en voel. Vir hom is daar drie Adams: “Adam die godsdienstige jong skrywer met die worsteling van ons sosiale omstandighede, asook sy struweling met sy God: ‘Die Here het gaskommel en die dice het verkeerd geval vir ons’ [Die Here het gaskommel]. Adam die Kaaps-Afrikaaps ‘rebel’ wat vroeg besluit het hy sal die pen gebruik as ’n vorm van aktivisme: ‘Toe sê Toefie toe sê Toefie ‘Ek sal vi djulle blêrie wys’ [Toefie se kait] en Adam die ou man wat terugkyk na sy werk en tevrede voel: ‘…daardie klein bruin kind se wil vervul, hom ingebind in Afrikaans vir altyd’ [Trap der bruin jeugd].

“Hy was beslis voor sy tyd en sy grootste les vir my is wanneer hy sê: ‘As daar nou swart en bruin en wit is, is die grootste hiervan vir my die liefde’.

Ek glo dit is wat ons nou nodig het. Daar is baie meer dinge wat ons saambring, as wat ons apart maak. Dit is wat hom ’n ikoon maak nie net in Afrikaanse digkuns nie, maar ’n ikoon van Suid-Afrika en haar kinders.”

Dean Balie

Tydens die produksie is daar van meer as 30 onkonvensionele musiekinstrumente gebruik gemaak waarvan baie sélf vervaardig is. Vir Dean was dit ’n droom om met kunstenaars soos die Khoisan Gypsy Band, Frazer Barry, Garth Erasmus, Leon Ecroignard, Collin ‘The Bushman’ Meyer en Ulric ‘Namasun’ Roberts ’n verhoog te deel. “Die Khoisan Gypsy Band is meesters in hulle veld. Die band was soos ’n Griekse koor wat die heeltyd die betekenis van die vers baie sensitief en met respek dra.

Met die beperkings van Covid-19, is dit onseker om te sê wat die toekoms van die produksie inhou. Die produksie is verlede jaar November verfilm met Christiaan Olwagen wat die regie behartig het. Verder beplan hulle ook om binnekort ’n CD van die klankbaan bekend te stel. Dean meen sy enigste wens is dat hulle ’n volle speelvak sal hê. “Die grootste sale en klein gemeenskappe moet dit sien en ervaar! Die boodskap sluit ons almal in en as ons mekaar kan sterk maak en laat lag en huil dan kan ons mekaar genees ook,” sê hy.

Vir Dean is dit belangrik dat mense moet verstaan dat Die poet, wie’s hy? nie protesteater is nie, maar eerder “genees-en-hoop-teater”.

“Dit is kerk vir die gehoorlid wat ’n Christen, Moslem, Jood, Hindu, Rastafariër of Ateïs is. Dit eer die werk van Adam Small, vertel deur mense wat weet die boodskap is groter as hulself. Wat nie ons geskiedenis of die politiek vergeet nie, maar dit embrace as deel van die ‘vadoek’ van ons sosiale welsyn. Mag hierdie vertoning lank na my nog in die denke van ons mense lewe. Mag ons nooit vergeet as oom Adam skryf: ‘…en na die atoombomme sal daar ’n nuwe wêreld wees met twee soort mense. Die gelowiges en die ongelowiges is een soort, die paar ander sal liefhê en beweeg met die vliegende sterre, en bome en afstand, wind en vrugte en lig en met die ander meeleef omdat die liefde toelaat vir baie dinge.’ Hy praat hier van ons almal!”

The post Dean Balie blaas nuwe lewe in Adam Small se woorde appeared first on Afrikaans.com.

Viewing all 1123 articles
Browse latest View live